Die JJ Potgieter manuskrip

Die JJ Potgieter Manuskrip

Schoemansdal

In die vroeër jare van die negentiende eeu het Jacobus se ouers, Jacobus Johannes Potgieter en Susanna Margritha Herbst saam met die voortrekkers op Schoemansdal gevestig. Schoemansdal was vêr van die beskawing af gewees en as sodanig baie kwesbaar teen die aanvalle van die swart bevolking. In 1866 het die konflik situasie tussen wit en swart so warm geraak dat die Boere die regering moes vra om troepe te stuur om hulle te beskerm. Paul Kruger, wat op daardie stadium nog die Kommandant-generaal van die Transvaal was, het in 1867 daar aangekom met ‘n kommando van vier honderd man om die stad te beskerm. Hy het ‘n onsuksesvolle aanval teen Magatoe se stam gely, en moes terug na Schoemansdal vlug om skuiling te soek. Die dissipline van die kommando was baie swak en die Boere het gedros toe hul ammunisie opraak. Op 17 Julie 1867 het Kruger die stad opgegee. Die dorp en omliggende plase is toe deur Magatoe geplunder en verwoes. Sonder die beskerming van die regering het die Boere toe sowat 50 myl na die suide gevlug, waar hulle op die plaas Kreebos skanse van klei gebou het. Sommige Boere het verder suid getrek om ‘n nuwe nedersetting te begin, wat hulle later Potgietersrus ter verering van Generaal Hendrik Potgieter sou noem. Die kommando het gedurende die Mapela opstande van 1868 daarin gefaal om hierdie nuwe stad te red en Potgietersrus was toe ook afgebrand.

Na Magatoe se oorname van Schoemansdal het Jacobus se ouers in die Renosterpoort distrik op die plaas Kreebos gevestig. Jacobus Johannes Potgieter was op 28 Augustus 1870 op Kreebos gebore.


(c) Eric Swardt (1998)
Terug na die inhoudsopgawe

 

  1