Die JJ Potgieter Manuskrip

Die Boere blaas die aftog

In plaas daarvan dat hulle naby die Natalse grens gebly het, het die kommandante besluit om na die Transvaal terug te trek. Terselfdertyd het die vyand op ‘n ander vleuel opgemarsjeer na Pretoria. Die Vrystaat is op 24 Mei geannekseer, en ‘n paar dae later, op 5 Junie het Pretoria ook in die hande van die Britse magte geval.

Vanuit Jacobus Johannes Potgieter se oogpunt was die inval in Natal maar bra oninteressant, in vergelyking met die oorlog aan die westerse front. Die veldtog in Natal het min of meer dieselfde patroon as die mislukte beleg van Kimberley gevolg. Eers het die Boere oorlog verklaar. Toe stroom die Boere oor die grens in groot getalle en het vinnig gevorder om die dorp te beleër. Die Boere skiet met hul kanonne, sonder om veel skade aan te rig. Die bevrydingskolom daag ‘n ruk later op.

Die Boere het groot suksesse op die veldslag aan die begin van die veldtog gehad. Uiteindelik het die Britte hulle in getalle oortref, hul uitoorlê en oorweldig. Kort voor lank was die Boere geforseer om na die Transvaal terug te val. Om die episode af te rond het die Britse magte voorts gemarsjeer en die Boere Republieke geannekseer.

Op 27 Augustus het Buller en Roberts magte by Belfast saamgesnoer om Botha se manne in die laaste konvensionele veldslag van die oorlog te oorwin.


(c) Eric Swardt (1998)
Terug na die inhoudsopgawe

1