Die JJ Potgieter manuskrip

Die JJ Potgieter Manuskrip

Die begin van die oorlog

Die Anglo-boereoorlog was ‘n stryd om vryheid. Dit het ‘n gesamentlike poging tussen die Transvaal en die Oranje-Vrystaat geword om die bedreiging van ‘n Britse inval vanaf die Kaapkolonie en Natal af te weer. Kruger het dit duidelik in sy ultimatum aan die Britte gestel: “Verwyder julle troepe van ons grense, of ons sal hulle self verwyder.” Die ultimatum was geïgnoreer en Kruger het oorlog verklaar. Die Boere het nie verwag dat die oorlog lank sou duur nie en het gehoop op hulp van die Westerse wêreld.

Aanvanklik was troepe op al die grense van die Transvaal geplaas, terwyl die hoof aanslag teen die inval van die Kaap en Natal gemik was deur die dorpe van Kimberley, Mafikeng en Ladysmith te beleër.

Op die negende dag van Oktober 1899 is al die burgers van die Houtbosberg wyk, Soutpansberg distrik, voor die veldkornet geroep. Die was duidelik gemaak dat die saak so ernstig was dat oorlog sou kom tussen die Afrikaner en die Engelse. Jacobus Potgieter het sy huis op 11 Oktober 1899 verlaat om in die oorlog teen Engeland te gaan veg.

Jacobus het toe so pas terug gekeer na sy huis. Hy was weg van sy huis op ‘n twee maande lange jag ekspedisie waarop hulle vele wild geskiet het. Hy het ‘n plesierige tyd gehad om die wild te jaag en vanaf die perd se rug te skiet. In daardie dae was wild volop genoeg om die ossewa te vul met wild wat gejag was. Tesame met sy vriende het hulle vyftig stuk wild gejag. Daar was kameelperde, gemsbok, wildebees, eland en nog veel ander soorte wild.

Hy moes op die elfde Oktober op kommando gegaan het. Hulle het op perd gegaan, aangesien die waens al reeds verstrek het. Jacobus het saam met Andries Digue gegaan. Hulle het die laer vyf uur se afstand van waar hulle vertrek het van Houtbosberg ontmoet. Hulle het voort beweeg en ‘n kommando van ‘n ander wyk by Spitskop ontmoet. Oorlog teen die Engelse was verklaar deur die regering!


(c) Eric Swardt (1998)
Terug na die inhoudsopgawe

1