Die burgers het die taak gehad om die forte te beman en die burgerlikes te beskerm en die vyand weg te hou. Elke nou en dan het die burgers ‘n skermutseling met die vyand gehad. Dan het die regering die burgers vyftien sjieling per dag betaal. Die strategie wat die vyand gevolg het, was om die burgers wat die forte beman het, in ‘n hinderlaag in die digte bosse te lei. Hulle kon die burgers op geen ander manier gedood het nie. Die situasie met Kaptein Magoeba het so aangehou van Januarie 1895 tot Mei 1895.
In die maand van Mei 1895 het die regering weer eens ‘n groot kommando
op die been geroep. Sommige mense van Swaziland het ook by die kommando
aangesluit om te help om vir Kaptein Magoeba uit die bosse te dryf. Dit
het nie lank geduur nie, of Magoeba was deur die Swazi’s met ‘n swaard
onthoof, saam met negentien ander. Die res van Magoeba se manne was gevange
geneem. Al die kommando’s in die omgewing van die oproer was aangeprys.