Die JJ Potgieter manuskrip

Die JJ Potgieter Manuskrip

Die goudstormloop

Gedurende die 1860’s was goud by Johannesburg ontdek. ‘n Goudstormloop het begin en die Transvaal was toegestroom die fortuinsoekers van Europa. Die Boere het nie besonders baie van hierdie Uitlanders gehou nie. Hulle het ‘n vreemde kultuur na die Transvaal gebring. Die aasvoëls het in niks anders as geld belang gestel het nie. Hulle het in siellose krothuise in plakkerskampe op die buitewyke van Johannesburg gewoon. Hulle het nie ‘n baie hoë lewensmoraal getoon nie en het nie enige lojaliteit getoon teenoor hierdie land waar hulle geprobeer het om hul fortuine te kom maak het nie. Die vrouens en kinders was in Europa agtergelaat, in ruil vir die bekoring en fortuin van die goudvelde. Johannesburg het alles na die Transvaal gebring wat mens kon verwag en assosieer met die spektakel van ‘n goudstormloop. Kroeë en bordele het orals geopen en vele gewetenlose individue het na vore gekom wat maar net te gretig was om elke sent moontlik uit ‘n arm man se sak te steel.

Johannesburg het ‘n kultuur verteenwoordig wat geskrei het teen die Boere se beginsels. Die middel van die dorp het die bekoring van ‘n ware moderne stad gehad met die groot kantore en die laatnag klubs. Die voorstede was grys plakkerskampe met huise wat van blik en sink gebou was. Die haweloses het orals uitgepeul en bedelaars en niksnutte het orals rondgelê.

Die aspek wat die Boere die meeste gehaat het van hierdie Uitlanders, was die feit dat hulle meesal Engelse was. Die Boere kon maar net nie vergeet het dat hul voorvaders die Kaap nie so lank gelede verlaat het om weg te breek van die Engelse. Die Engelse het hulle die wildernis in agtervolg, en maar net ‘n klompie jare gelede, moes die Boere weereens die Republiek teen die Engelse verdedig het by die slag van Majuba.


(c) Eric Swardt (1998)
Terug na die inhoudsopgawe

 

  1