Die JJ Potgieter Manuskrip
Hongersnood
Die groot verdriet lê nog voor. Hou maar net aan om te lees. Daar
was ‘n grootskaalse hongersnood nog steeds in dieselfde jaar as die runderpes.
Nog nooit tevore was daar enigiets soos die ellende onder die mense van
die Transvaal of onder die swart stamme nie. Die regering het gedoen wat
dit kon oor die aangeleentheid en kos was vanaf die buiteland ingevoer.
Mielies was aan die swartes verkoop teen vier tot vyf pond per sak. ‘n
Driekwart emmer was verruil vir een bok of skaap, of somtyds vir tot tien
skape! Tot een pond vir ‘n driekwart emmer mielies! Menigte swartes het
gesterf van die honger. Sommige van die blankes moes sprinkane en wilde
hasies eet. Alles was geëet. Die spoorlyn het nog nie orals bereik
nie en die vervoer van voedsel was stadig. Terselfdertyd het die runderpes
steeds so erg aangehou dat geen ossewaens gebruik kon word. Die regering
het esels van Europa aangekoop om die voedsel na plekke te neem waar daar
nie spoorlyne was nie.
Die sprinkane het alles gevreet wat gesaai was. Dit het egter nie lank
geduur nie voordat sake weer verbeter het. Indien die sprinkane langer
so aangehou het sou die ellende nooit opgehou het nie.
(c) Eric Swardt (1998)
Terug na die inhoudsopgawe