Hulle moes in die oggend vertrek. Een honderd en drie mense,
vroue en kinders ingesluit, het deur die nag byeen gekom. Slegs twee van
die mense was nie deur die swartes geplunder nie. Die mense het van tot
24 myl vêr gekom. Die vroue het hul kinders op hulle rûe gedra.
Een moeder het twee kinders op haar rug gedra, sonder kos of beddegoed.
Een vrou het vertel “Die swartes het my teen die grond gestamp.” ‘n Ander het gesê “Die swartes het my in die bors met ‘n assegaai gesteek.” ‘n Ander een het gesê “Hulle het my met gewere teen die bors gestamp.” Een dame het vertel “Ek het geprobeer om ‘n kombers vir my kind te hou, maar die swartman het dit gegryp en my omgestamp.” Ander was van hul huise af weg gedryf en die huise was geplunder. In sommige gevalle het die mense getroue bediendes by die huis gehad. Hulle het gevat wat hulle kon toe hulle sien dat die mense geplunder word. Later, nadat die swartes weer weg was, het hulle alles weer terug gebring. Somtyds was dit ‘n enkele kombers, of somtyds was dit ‘n bed. In sommige gevalle het die swartes skandalige dinge met die vroue gedoen. Dit is wat hulle aangehoor het en dit is wat hulle gesien het. Die kommando’s het gevlug en baie was gevang. Jacobus was gedwing om sy wapens neer te lê om sy gesin se halwe. Die vyand kon nie raai hoe hy in sy binneste gevoel het nie. Hulle was maar te bly om sy wapen by hom te neem. Hy wou maar net sy gesin beskerm. L Alberts en Jacobus het die 103 mense met drie waens vervoer. Sommige kon saam gery het, maar baie moes loop. Daardie eerste nag het al die vroue by Jacobus se huis geslaap, aangesien hy darem nog kos oorgehad het. Sommige het binne die huis geslaap en sommige moes buite slaap. Dit was vir Jacobus ‘n verskriklike ding om te aanskou hoe die onskuldige en weerlose vroue so moes rondlê. Jacobus het die waens na die hoofpad gelei waar hulle verwag het dat die vyand sou verby kom. Hy het toe sy perd geneem en gery om die vyand te gaan ontmoet. Hy sê toe aan hulle “Die vroue en kinders, 103 van hulle in totaal, wag daar voor vir julle.” Die vroue en kinders was bang vir die vyand. Hulle het baie stories gehoor van die Britte wat hulle bang gemaak het. Jacobus het saam met die vyand gery om die vroue en kinders te gaan haal. Toe hulle naby kom het Jacobus aan die offisier gesê “Ek sal na die families gaan en hulle vertel dat julle kom, sodat hulle nie bang is nie.” Die kolonel en ‘n paar kapteins het saam met hom gegaan. Hy het die families by Kuiperkuil gevind. Hulle het uit vrees vir die vyand gehuil en was bang dat die vyand hulle sou seermaak. Jacobus het weer die mense getroos. Die Britte het hom toe ook nog meer waens gegee om die mense mee te vervoer. |