Om vrede in Johannesburg te bewaar het President Paul Kruger ‘n ultimatum in Januarie 1896 uitgereik aan al die mense in Johannesburg om hul wapens op te gee. Hy het die ultimatum gerugsteun deur troepe na Johannesburg te stuur. ‘n Groot weermag van die ZAR was opgekommandeer om Pretoria te beskerm teen die Uitlanders wat in opstand gekom het. Die Uitlanders in Johannesburg het gewere en ammunisie die stad ingesmokkel. Die Hoë kommissaris van Kaapstad het na Pretoria gekom om die vergieting van bloed te voorkom. Die Uitlanders het gou gereageer op die ultimatum, en die krisis was gou verby. Alle lede van die hervormings komitee in gearresteer.
Die verhoor van die hervormings komitee was in Pretoria gehou. Na ‘n kort verhoor was die doodsvonnis oor die leiers deur regter Gregorowski uitgespreek. President Kruger was oorstroom met versoeke om hul lewens te spaar. Na die selfmoord van een van die gevangenisse het President Paul Kruger ‘n hand van genade aangebied deur die vonnisse na vyftien jaar tronkstraf te verminder. Die oorvloed van versoeke om genade het aangehou en Kruger het weereens ‘n gebaar van goedhartigheid gemaak en die vonnisse was nogmaals verminder. Na die betaling van ‘n boete van 25,000 pond elk, was die gevangenisse vrygelaat.
Jameson en sy invallers was aan die Goewerneur van Natal oorgegee. Die Britte het hul eie ondersoek na die saak van stapel gestuur en Jameson was in Londen voor die hof gebring. Cecil John Rhodes was in die ondersoek by die inval betrek en gedwing om as Eerste Minister van die Kaapkolonie te bedank. Na vier maande in die tronk was Jameson deur die Koningin begenadig en weer huis toe gestuur.
Die regering van die ZAR het skadevergoeding van meer as ‘n halfmiljoen pond geëis. Brittanje het geweier om die skadevergoeding te betaal.
Die inval deur Jameson was in die vroeë oggendure van 1896 afgeweer,
maar die probleme met die Uitlanders was vêr van verby.
Jameson