Alles het skaarser en skaarser geword toe die invoer permitte
gekanselleer was, totdat, uiteindelik kon daar niks meer in die land gevind
word nie, tensy dit van die Britte gekry word. Baie burgers het by die
meer voorspoedige kant aangesluit vir geld. Party het vir 5 sjieling per
dag gewerk. Ander het 2 sjieling per dag verdien om teen die Boere te veg.
Hierdie joiners’ het die Boere baie probleme besorg. Dit was nie omdat die verraaiers sulke goeie vegters was nie. Die probleem was dat die joiners die omgewing baie goed geken het. Hulle het die vyand na die Boere kommando se wegkruipplekke gely. Op dié manier het hulle die kommando die seerste gemaak. Dit is voor die hand liggend dat hulle nie goeie soldate kon uitmaak nie! Diegene wat die bloed van hulle eie broers wou jag het na die vyand gegaan en gesê “Betaal my geld, en ek sal julle help om die Boere te vang en te skiet. Ek ken die gewoontes van die Boere.” Die Britte het hulle dan gehuur teen 2 sjieling per dag, of 5 sjieling per dag vir offisiere. So ‘n mens was gebrandmerk as ‘n moordenaar van sy eie volk, sy eie vader, sy moeder, sy broer en sy hele nasie. Dit alles het hy verraai toe hy by die vyand aangesluit het as ‘n moordenaar en verraaier van sy nasie. Die Boere het geleer dat elke dag vir homself sou sorg vir kos. Hulle het die laer elke dag verlaat sonder kos, maar wanneer hulle terug gekeer het, het hulle altyd genoeg gehad om te eet. Die Boere het geglo dat, aangesien die swart mense saam met die Engelse teen hulle geveg het, alles van hulle vry vir die Boere was om te neem. Hulle beeste, mielies koring en hulle waens; alles wat die Boere nodig gehad het, het hulle gevat. Die kommando lede en diegene wat deur die vyand gevange geneem was het, voor die oorlog begin het, graan onder die grond begrawe. Die kommando was goed op hoogte van waar dit als begrawe was. Orals waar hulle gegaan het was daar altyd genoeg om te eet. Die Boere het waarheid gesien in wat die Here gesê het, naamlik dat dié wat saai sal maai. |