Die dae wat op die oorlogsverklaring gevolg het, het troepe vanuit die Oranje-Vrystaat oor die grense gestroom. Die Britse garnisoen by Kimberley was sowat 4,000 man strek. Daar was genoeg in die dorp om te eet vir sewentig dae. Nadat die Boere Kimberley afgesny het van die roete na die Kaap het hulle ‘n proklamasie uitgereik om Kimberley as deel van die Oranje-Vrystaat te annekseer. Luitenant Kolonel Robert Kekewich, wat in bevel van die Kimberley se garnisoen was, het ‘n teen proklamasie uitgereik. Op 6 November het die Boere begin om Kimberley met hul 9-ponders te bombardeer. Die Bombardement het aanvanklik paniek veroorsaak, maar dit was meesal van die teiken af en het min ongevalle geëis.
Die Britse verligtingsmagte het by die Oranjerivier kamp opgeslaan. Die Britte se beweeglikheid was swak en inligting was onvoldoende. Toe hulle na Kimberley, al langs die spoorlyn af begin beweeg het moes die manne dra wat hul kon. Hulle het die spoorlyn herstel soos hulle aangegaan het om die weg te baan vir die trein om die swaar toerusting te bring. Die Britte het op 21 November 1899 met 8,000 man uit beweeg. Op daardie stadium was Kimberley al reeds vir vyf weke onder beleg.
Kekewich het op 25 November, nadat hy berig ontvang het van die naderende
verligtingsmagte, die eerste van ‘n aantal aanvalle teen Carter’s Ridge
geloods, waar die Boere se 9-ponders vandaan geskiet het. Met die eerste
aanvalle het die Boere verliese gelei (sowat 28 gewond of gedood), maar
geen 9-ponders was deur die Britte gebuit. Bombardement is weer op die
27ste hervat. Die tweede aanval op Carter’s Ridge was ‘n algehele fiasko
en die hele Britse aanvalskommando was gedood.