Die JJ Potgieter manuskrip

Die JJ Potgieter Manuskrip

Die kommandostelsel

Die kommandostelsel het sy oorsprong gehad in Suid Afrika gedurende die negentiende eeu toe die Boere hulself moes verdedig teen die aanvalle van die swart stamme. Die strukture was aanvanklik baie informeel, maar is later deur wetgewing gereguleer. Die Zuid Afrikaanse Republiek was in een en twintig distrikte opgedeel. Elke distrik het ‘n landdros gehad, wat na die siviele administrasie moes omsien, en kommandant wat na die militêre sake moes omsien. Die kommandant was in bevel van die kommando en ‘n kommandant-generaal was verkies om bevel te neem van die hele republiek se weermag. Gesien hierdie demokratiese aard van die kommandostelsel, is dit nie verbasend dat vir nog baie jare wat gevolg het, het die meeste Boere leiers hul toetrede tot die openbare lewe deur die kommandostelsel gemaak.

Elke distrik was verdeel in wyke, met ‘n veldkornet in bevel van die wyk. Sommige wyke in die ZAR het ook assistent veldkornette gehad. Die manne van die wyk het hul eie veldkornet verkies en diegene van die distrik het ‘n kommandant vir ‘n vyf jaar termyn verkies. Alle blanke mans tussen die ouderdom van sestien en sestig moes militêre diens doen. Wanneer dit verlang was, was die manne opgekommandeer na die weermag. As ‘n reël moes elke man sy eie geweer, perd, ammunisie en kos voorsien. Die regering het rantsoene voorsien net vir veldtogte wat meer as agt dae geduur het. Nie alle Boere het gewere gehad nie en die regering het die kommando’s bewapen wanneer ‘n groot weermag benodig was. Hierdie kommando’s het geen amptelike uniforms gehad nie en die offisiere het nie enige kentekens of medaljes gedra nie.

Die staatsartillerie was die enigste professionele weermag eenheid in die ZAR. In buitengewone omstandighede het die Zuid Afrikaanse Polisie (ZARP) ook gehelp in ‘n oorlog.

Die Soutpansberg distrik, waar Jacobus Potgieter diens gedoen het, was in ses wyke onderverdeel, naamlik Pietersburg, Marabastad, Renosterpoort, Houtbosberg, Onderveld en Spelonken.


(c) Eric Swardt (1998)
Terug na die inhoudsopgawe

 

  1