Die eer om die eerste skoot te vuur het gegaan aan Veldkornet JC Coetzee. Die eerste Britse soldaat wat gedood is in die oorlog het ook tydens die skermutseling gesterf. Na etlike bombardement het die Boere twee 7-pond kanonne, wat op weg na Mafikeng was gebuit.
Ockert Oosthuizen was die eerste Boer wat in die oorlog gesterf het.
Hy het op 14 Oktober 1899 tydens ‘n skermutseling naby Mafikeng gesterf.
Twee Britse soldate was tydens daardie skermutseling gedood en 14 gewond.
‘n Tweede, onbekende Boer het ook tydens die skermutseling gesterf en ses
Boere was gewond.