Die JJ Potgieter Manuskrip

Skermutselinge by die Krokodilrivier

Die oggend van die twaalfde Oktober 1899 het die Soutpansberg kommando na die gebied waar die Krokodilrivier in die Limpoporivier vloei getrek. Die Limpoporivier was die grens tussen die Die Boerevlag tydens die Anglo-BoereoorlogTransvaal en die Tuli gebied, wat deel van die Rhodesiese gebied was. Reeds toe Milner vir sy konfrontasie met Kruger voorberei het, het hy ‘n aantal troepe op die Transvaal se grens geplaas. Terwyl die hoof aanslag van die Boere gemik was op die inval van die Britse kolonies na die Suide, het Generaal Joubert ekstra versekering teen aanvalle vanuit die weste uitgeneem deur troepe te stuur om hierdie bedreiging te gaan verwyder.

Die Waterberg en Soutpansberg kommando’s het nie baie tyd gemors nadat hulle by die grens aangekom het nie. Hulle moes dieselfde dag nog optree teen die Britse troepe om die element van verrassing te behou. Dit was nog vroeg in die reën seisoen en die wildernis oorkant die grens was groen en ruig. Die Boere kommando het op ‘n rantjie geklim om ‘n beter uitsig oor die vyand se kamp te kry.

Toe die Boere die kamp vanaf die rantjie op hul perde bestorm, was daar totale verwarring in die Britse kamp. Dit was moeilik om die vyand te sien tussen die ruie bosse, maar die Boere het tot tussen die vyand in gestorm. Die vyand het gewoel om by hul perde uit te kom en so vinnig moontlik daar weg te vlug. Vir baie Engelse soldate was dit te laat. Die Boere het vier Britse soldate gedood en vele meer gevange geneem. Nadat die Britte gevlug het, het die Boere die perde gebuit wat die vyand agter gelaat het in hul haas om te vlug.

Daar was geen ongevalle aan die Boere se kant. C Cloete se vinger was beseer en D Potgieter het ‘n noue ontkoming gehad toe sy geweer raak geskiet is. Die geweer se meganisme was nie ernstig beskadig nie en dit is gou weer herstel.

Die Boere het hul sukses onmiddellik opgevolg deur die vlugtende vyand agterna te jaag. Die vyand het in die rigting van Tuli gevlug, waar daar versterking gewag het. Op pad het die vyand by ‘n patrollie met ‘n ossewa aangesluit, waar die agtervolgende Boere hulle ingehaal het. ‘n Kort bombardement het die vyand weer op vlug gesit na ‘n huis in die nabyheid. Die ossewa wat met kos gelaai was, is deur die Boere gebuit.

Die huis waarin die vyand skuiling gesoek het kon nie die swaar bombardement wat die Boere uitgedeel het weerstaan nie. Toe die huis uitmekaar begin val het die vyand weer vir die derde keer op een dag op vlug geslaan. Die son het toe al reeds begin laag hang en die Boere het besluit om ‘n blaaskans te neem en die agtervolging die volgende dag voort te sit. Nog nege waens, gelaai met kos en ammunisie, tesame met die muile en osse is gebuit en deur die Boere terug na die laer geneem. Die Boere het ook vier swaar gewonde Britse soldate gevind en saam met die waens terug geneem. Geen ongevalle was aan die Boere se kant aangemeld nie.

Die volgende oggend het die Boere spioene uitgestuur om die vyand se posisie vas te stel. Die spioene het teruggekeer met die berig dat hulle slegs die uitgebrande vure van ‘n groot Britse kamp kon vind. Al die vyandige troepe in die omgewing het gedurende die nag na Tuli gevlug. In die kamp het die Boere waens, tente, perde en muile gevind.


(c) Eric Swardt (1998)
Terug na die inhoudsopgawe

1