Die JJ Potgieter Manuskrip

Die lewe op kommando

Aan die begin het die burgers getwyfel toe die Transvaalse regering vir Generaal Beyers, in plaas van Frederick Grobler aangestel het om die bevel oor die Soutpansberg en Waterberg kommando’s oor te neem. Hulle het hom nie goed geken nie, maar hulle het hom getrou gevolg. By Pienaarsrivier het hulle gesien dat Generaal Beyers ‘n dapper man was. Mense het al lank van sy dapperheid gepraat. Die burgers het gou agter gekom dat Generaal Beyers nie die ongehoorsame ongestraf sou laat gaan nie. Daarvan het die burgers gehou. Die burgers het ook uitgevind dat Generaal Beyers maar net ‘n mens was, maar boweal, was hy ‘n Godvresende mens. Hy het niks te onbelangrik vir sy aandag geag nie. Hy was elke man se vriend en het elke man soos sy eie broer behandel.

Beyers het die gewoonte ingestel om elke dag te begin en te eindig met ‘n skriflesing en gebed. Twee keer per week het hy ‘n biduur gehou. Hy het elke Sondag drie kerk dienste gehou. Hy het met hierdie gewoontes vir die volle duur van die oorlog aangehou. Uiteindelik het die mense vir Generaal Beyers sonder meer aangehang en hulle sou hom orals volg.


(c) Eric Swardt (1998)
Terug na die inhoudsopgawe
  1