Baie Suid Afrikaners was vasgevang in die gebeure van die Anglo-boereoorlog. Tussen hulle was die Uitlanders wat na Johannesburg gekom het gedurende die goudstormloop van die 1860's en 1870's.
Baie van die Uitlanders het nie rondgestaan om onskuldige bystanders te word nie. ‘n Klomp het by die Boere aangesluit as simpatieke ondersteuners. Ander het by die Britse magte aangesluit in óf vegtende, óf nie vegtende hoedanigheid. Baie het net eenvoudig na Natal of die Kaapkolonie gevlug om beskerming en veiligheid op te soek.
Die Britse magte het vele probleme met die logistiek ondervind wanneer hulle teen die Boere magte gemobiliseer het. By verre was hul grootste probleem die beweeglikheid van die magte oor die ongetemde Suid Afrikaanse terrein. Om ‘n mag van 30,000 manne van Durban na Ladysmith te marsjeer het baie meer behels as om eenvoudig trein kaartjies te koop. Swaar kanonne moes vervoer word, terwyl ammunisie, klere, kos voorrade en ander basiese benodighede saamgebring moes word. Die Britse mag het die meeste van die tyd die toerusting en voorrade per trein vervoer. Muilwaens en ossewaens was gebruik om voorrade van die naaste stasie na die slagvelde te neem.
Die een aspek van die oorlog wat meesal misgekyk word deur die gewone
man (en die Britse oorlog meesters), is die vervoer van die gewondes en
dooies terug na die hospitale. Die Oorlog Kantoor se ambulans kon nie die
modderige en klipperige terrein van die Natal hanteer nie. Buller het gou
‘n nuwe plan gemaak. Hy het 2,000 mense, meesal Uitlanders wat vanaf Johannesburg
gevlug het, as “lyksgrypers” aangestel. As leier het hy ‘n ambisieuse 28
jaar oue Indiese man, wat sy gewilligheid om sy lojaliteit aan die koninklike
magte te bewys, aangestel. Hierdie man was niemand anders as Mohandas Gandhi.