Die JJ Potgieter Manuskrip

Die onstaan van die konsentrasiekampe

Kitchener het gereken dat hy die Boere se verskaffing lyne sou moes afsny as hy die oorlog wou beëindig. Sy plan was eenvoudig. Eers sou hy die Boere van die plase moes verdryf. Hulle het die plase afgebrand en die families bymekaar gemaak. Deel van sy plan was om die swartes te bewapen om die families op die plase aan te val. 
 
Die Britte het hierdie families beskerming aangebied. Hulle het al die vroue en kinders bymekaar gemaak en hulle in konsentrasiekampe geplaas. Die konsentrasiekampe is reeds in 1900 deur Veldmaarskalk Lord Roberts, toe die Britse hoof aanvoerder, gestig, en later deur sy opvolger, Generaal Lord Kitchener, uitgebrei. Die konsentrasiekampe was orals oor die land opgerig. Kitchener het nie veel tyd gemors met die beplanning van die kampe nie. Rantsoene was minimaal en elke kamp het net een doktor gehad. 

Daar was ongeveer 50 kampe, waarin ongeveer 110,000 blankes en 107,000 swartes aangehou was. Siektes, in besonder masels, het in die kampe uitgebreek gedurende 1901 en aangesien daar onvoldoende doktors en mediese hulp was, het die dodetal in die kampe skokkend hoog geraak. Die hoogtepunt in die dodetal was in Oktober 1901, toe daar 326 uit elke 1,000 per jaar in die Transvaalse kampe, en 401 uit elke 1,000 in die Vrystaatse kampe omgekom het. 

Die eerste twee kampe was gestig deur ‘n militêre kennisgewing op 22 September 1900, by Bloemfontein en Pretoria, om beskerming te verleen aan die families van die Boere wat vrywillig oorgegee het. Toe Engeland berigte ontvang het van die omstandighede in die kampe, het Kitchener die berigte botweg ontken. 

Aanvanklik het Kitchener die konsentrasiekampe verdeel in vier klasse. Eerstens vir die families wat oorgegee het, of wat ingebring was vir beskerming, tweedens ter beskerming van die families wat as informante opgetree het, derdens vir diegene wie se plase as basis kampe deur die Britse magte gebruik was, en laastens vir diegene wie se plase as opslagplekke deur die Britte gebruik sou word. 

Hierdie onderskeidings sou binnekort mee weggedoen word, en families van vegtende Boere was ook ingebring. Boere wat self oorgegee het is ook in die kampe aangehou. 

Aparte kampe was vir die swartes gehou. Die omstandighede in die swart kampe was dikwels nog baie swakker as in die Boere kampe. In sommige gevalle was swart bediendes toegelaat om by hulle werkgewers te bly, maar gewoonlik was hulle in lokasies langs die kampe aangehou. Swart mans het as arbeiders of wagte gewerk. 

Die Britse publieke opinie en ‘n verslag van ‘n kommissie wat deur die regering aangestel was, het sekere verbeterings in die administrasie van die kampe afgedwing, en die oordrag van beheer oor die kampe van militêre hande na siviele hande het ook gehelp. Altesame het ‘n geskatte 27,927 blankes, waarvan 1,676 hoofsaaklik ouer mans, 4,177 vroue en 22,074 kinders onder 16 jaar, asook ongeveer 14,154 swartes, gesterf as gevolg van die swak ligging, swak administrasie van die kampe, onvoldoende rantsoene en siektes. 
KitchenerKitchener


(c) Eric Swardt (1998)
Terug na die inhoudsopgawe
  1