Mapela het die Boere leier, Hermanus Potgieter in 1854 in die Waterberg distrik vermoor. Kommandant-generaal Piet Potgieter en MW Pretorius het ‘n kommando teen Mapela gelei, maar Mapela het die berge in gevlug waar Makapaan beskerming aan hom verleen het. Die Rustenburg kommando, onder die leierskap van Kommandant Paul Kruger, het by die ekspedisie aangesluit om vir Makapaan en Mapela te omsingel en hulle uit die berge te dryf. Kommandant-generaal Piet Potgieter was in die onsuksesvolle aanval op die skuilings gedood.
In maart 1868 het Kruger weer eens teen Mapela opgetree. Hy het verskeie pogings aangewend om ‘n sterk mag op die been te bring, maar die Boere kommando’s was bra onwillig om te reageer. Uiteindelik het Kruger 750 manne bymekaar gemaak en teen Mapela uit beweeg. Na ‘n hewige geveg het Kruger Mapela se stat oorgeneem, met verlies van 13 man, maar Mapela het weer eens ontsnap. Kruger het die dorp, tesame met alle oeste, verwoes en alle beeste gebuit. Nadat die grootste gedeelte van sy kommando gedros het, was Kruger gedwing om sy optrede teen Mapela te staak.
In Oktober 1868 het Swartbooi, ‘n lid van Magatoe se stam, vir Mapela oortuig om met Kruger om vrede te onderhandel.
Hierdie Magatoe het as stamhoof toe vir die volgende dertig jaar aanhoudend
gerebelleer en het geweier om na enige bevele van die regering te luister.
In 1867 moes Jacobus Potgieter se ouers, tesame met al die inwoners van
Schoemansdal, voor Magatoe gevlug het vir hul lewens. Die hele dorp, insluitende
die kerk, moes agtergelaat word aan die genade van Magatoe, wat vroeër
bekend gestaan het as die “Katlagter”. Byna die hele distrik was deur die
inwoners verlate gelaat toe hulle weg getrek het.