Jacobus Potgieter was nog nie vêr van die laer gewees nie toe hy vir Generaal Cronje inhaal. Cronje was heel voor met die kanonne en was baie gespanne. Hy het besef dat die vyand al sy manne sou vang indien hy nie genoegsame stappe neem om die laer behoorlik te beskerm nie. Die Boere was net besig om uit te span toe Cronje weer opdrag gegee het om verder te trek. Hy was nie gelukkig met die plek waar hulle was nie. Hulle sou daar te kwesbaar teen aanval van alle kante wees. Die laer het nie vêr gevorder voordat die vyand se bombardement van die laer begin het.
Jacobus Potgieter was ongeveer twee uur se reis per perd van die laer, teenaan die Modderrivier gewees, waar hy na perde gesoek het, toe die laer omsingel is. Toe Jacobus die perde tussen die bosse hoor het hy hulle agterna gejaag en gevang. Dit was teen daardie tyd reeds donker en hy moes skuiling neem. Jacobus het besef dat die vyand orals in die omgewing was en die risiko om in die vyand vas te loop sou te hoog wees indien hy in die nag na die laer sou terug keer. Hy het die perde in ‘n digte bos ingeneem, waar hy die nag geslaap het. Die volgende oggend het hy terug na die laer gegaan om te sien of hy met die perde tot in die laer kon kom.
Op pad na die laer het hy burgers ontmoet wat uit die laer gevlug het. Hulle het hom vertel dat dit onmoontlik sou wees om in die laer in te kom. Die vyand het die laer heeltemal omsingel en het die laer onophoudelik gebombardeer. Die ammunisiewaens was reeds aan die brand. Byna die hele laer was in vlamme. Jacobus Potgieter het nie na hulle geluister nie en voort beweeg. Nie vêr daarvandaan ontmoet hy nog ‘n groep burgers wat dieselfde storie aan hom vertel het. Hy het weereens nie na hulle geluister nie en voort beweeg. Sy maats het omgedraai, maar Jacobus Potgieter was omgekrap met hulle en het gesê: “As ons omdraai en ons broers in hul benarde posisie los, dan verdien ons nie enigiets beter as die dood nie!”
Hy beweeg toe verder en ontmoet Kommandant P Schutte, wat dieselfde storie aan hom vertel het en hom gevra het “Waar dink jy gaan jy heen met daardie perde?”
Die kommandant het gesê: “Broer, voor God is niks onmoontlik nie, maar daardie burgers wat in die laer is sal nooit weer daar uitkom nie. Die vyand het genoeg daar om te vat. Moet nie vir hulle nog meer buit bring nie. As jy na die laer gaan met daardie perde sal hulle vir jou en al daardie perde van jou vang. Draai liewer om en gaan na Brandfort en wag vir my verslag oor die uitkoms.”
Jacobus Potgieter het gehoor gegee aan die versoek van die offisier. Hy het later uitgevind dat dit wel ‘n goeie ding was dat hy nie geprobeer het om die perde na die laer te neem nie, aangesien daar geen kans hoegenaamd was dat hy sou inkom nie. Die vyand het self aan hom vertel dat hulle 150 kanonne gehad het wat Cronje se laer gebombardeer het en ook 75,000 troepe. Cronje het maar ongeveer 4,000 troepe gehad.
Cronje het vir ‘n tyd uitgehou. Daar was ook vroue wat voor die vyand weg gevlug het in sy laer gewees.
Op die ou ent moes Cronje oorgee met sy 4,000 burgers. Die vyand was nou maar net te sterk vir hom gewees. ‘n Oormag van 75,000 tenoor 4,000 is onmoontlik! 150 Kanonne teen 6 was ook eens te veel!
Van die veldkornette was 14 gedood, 10 het op Blauwbank geveg, twee het met die perde gevlug, Jacobus Potgieter en H Schnell het gegaan om die perde te gaan haal en kon nie weer terug in die laer kom nie. Die res was almal krygsgevangene geneem en weggestuur na St. Helena eiland.
Na die
slag van Paardeberg was die Britse opgemars na Bloemfontein sonder werklike
weerstand. ‘n Klein skermutseling het by Poplar Grove plaasgevind, maar
die Boere, gelei deur Paul Kruger, gevlug het toe hulle die Britse oormag
gewaar. Die skermutseling by Driefontein was ook nie juis noemenswaardig
gewees nie. Die Britse magte het op 13 Maart 1900 Bloemfontein binne gemarsjeer.
Al die Boere magte het Bloemfontein toe al reeds ontruim.