Die JJ Potgieter manuskrip

Die JJ Potgieter Manuskrip

Die runderpes van 1898

Die hand van bo het egter nie opgehou om straf aan die Boere uit te deel nie. Runderpes het in 1898 onder die beeste uitgebreek. Byna al die beeste het van die pes gevrek. ‘n Regeringsbeheerde voorkomingsveldtog is van stapel gestuur. Orals waar die pes uitgebreek het, was die plase deur burgerlike wagte omsingel en al die beeste wat die pes onder lede gehad het was dood geskiet en begrawe. Waar genoegsame hout beskikbaar was, is die karkasse verbrand. Toe dit alles nog nie die probleem opgelos het nie, was die beeste in die bout ingespuit met bloed van die sterk beeste, maar daarna het nog slegs een uit elke honderd beeste oorleef. Beter planne is gemaak en nuwe uitvindsels is uitgevind en die beeste is met gal van die siek beeste ingespuit.

Nadat hierdie idee uitgevind was het dit ‘n baie beter effek gehad en meer beeste kon deurgehaal word, maar ongelukkig het die pes toe deur die hele land versprei. Die regering het burgers gehuur om die pes linies te bewaak, teen ‘n betaling van tien sjieling per dag.

Wanneer U hier lees, mag U dink dat dit die einde van die ellende was. Seer sekerlik nie!


(c) Eric Swardt (1998)
Terug na die inhoudsopgawe

1