Die JJ Potgieter manuskrip

Die JJ Potgieter Manuskrip

Samesprekings by die Krokodilrivier

Hulle het in ‘n massa voort getrek na die Krokodilrivier. Toe hulle daar aangekom het, ontmoet hulle ‘n ander kommando wat in dieselfde rigting getrek het om die grens by die Krokodilrivier te verdedig. Daardie aand het die burgers by die einde van die Soutpansberg samesprekings oor die oorlog gevoer.

Een persoon het gesê dat die oorlog nie lank sou duur nie, aangesien hulle beskaafd was en hulle het gehoor dat die Engelse ook ‘n besondere beskaafde nasie was. Dit sou dus nie lank duur voordat die geskille op ‘n ander manier uitgesorteer sou word, om die vergieting van bloed te vermy.

Let op die beskaafde maniere van beide nasies!

‘n Ander man het gesê dat dit ses maande sou duur. ‘n Ander een het gesê dat die regering nie so iets sou doen as hulle nie ‘n ander moontlikheid in hul mou het nie. Ingeval dinge verkeerd sou gaan sou ander hulle help. Hulle was maar min in getal en Engeland was miljoene. Hulle sou byna nie eers notisie van geneem word nie, teenoor so ‘n groot mag, en soveel meer, een van die beroemdste ter wêreld. Dit kon daarom verstaan word deur die wêreld dat so ‘n klein nasie ‘n baie groot risiko loop om so ‘n stap te neem.


(c) Eric Swardt (1998)
Terug na die inhoudsopgawe

1