Die JJ Potgieter manuskrip

Die JJ Potgieter Manuskrip

Stemreg vir die Uitlanders ?

Die belangrikste van die Uitlanders se klagtes was die afwesigheid van stemreg. In 1881 was die vereiste vir burgerskap een jaar verblyf in die Transvaal. In 1882 was dit was gou verleng na vyf jaar. Toe die bedreiging van die getalle van die Uitlanders toegeneem het, het Paul Kruger in 1894 die verlangde tyd van verblyf na veertien jaar verleng. Gedurende 1893 is ‘n petisie met 13,000 handtekeninge aan Kruger oorhandig. Toe dit geïgnoreer was, is ‘n nuwe petisie met 35,000 handtekeninge aan Kruger oorhandig. Die het steeds geen uitwerking gehad. Dit het maar net aan Kruger bewys dat hierdie Uitlanders die land wou oorneem. Kruger het besef dat, die oomblik wanneer hy stemreg aan die Uitlanders sou gee, Kruger sy setel kwyt sou wees en die Transvaalse vlag afgehaal sou word. Kruger het gereageer deur die voorwaarde by te voeg dat enige kandidaat vir burgerskap sy vorige nasionaliteit gedurende die veertien jaar van verblyf in die Transvaal moet opgee.

Kruger het geweet dat dit oor meer as maar net stemreg gegaan het. Hulle wou die land gehad het. Kruger het besef dat die Uitlanders die Boere in getalle by vêr oorheers het. Die meerderheid van hulle was lojaal teenoor Brittanje. Brittanje het dit reeds by verskeie geleenthede baie duidelik gemaak dat hulle beheer oor die Transvaal en die goudvelde wou hê. Sodra Kruger aan hulle stemreg gee, sou hulle hom uitstem en ten gunste van die inlywing van die Transvaal as Britse kolonie stem. Hierdie land het aan die Boere behoort. Hulle het vêr getrek hard gewerk en dapper geveg sodat hulle hul eie land kon hê. Hierdie Uitlanders was ‘n bedreiging vir hul vryheid. As hulle nie van die toestande in die Transvaal gehou het nie, was hulle welkom om terug na hul lande van herkoms te gaan.

Die breë publiek was salig onbewus van wat in Johannesburg aan die gang was. Slegs die geseënde paar wat in die regerings was of wat in regeringskringe rondbeweeg het, was ingelig oor die volle stand van sake. Selfs diégene het slegs ‘n baie eensydige siening van wat aan die gang was gekry. Die Oktober 1895 drif kwessie het egter wél die aandag van sommige mense getrek. Die vragtariewe vir vrag wat van Kaapstad gekom het was so abnormaal hoog dat baie handelaars hul bes geprobeer het om hierdie hoë vrag koste te vermy. Die Uitlanders het hul goedere op die grens afgelaai en alles per ossewa oor die grens na die Transvaal gebring.

Op 1 Oktober 1995 het Paul Kruger die drif gesluit. Die Britse regering het aangegaan asof dít ‘n uitdaging tot oorlog was. Hulle het oorlogskepe na die Kaap gestuur in ‘n magsvertoning. Die konfrontasie is opgelos toe Paul Kruger ingegee het en die drif op 7 November weer heropen het.

‘n Groep vooraanstaande besigheidsmanne in Johannesburg het ‘n hervormings komitee gestig. Jameson, wat in 1891 die pos van administrateur van Mashonaland aanvaar het, het saam met Cecil John Rhodes, die Eerste Minister van die Kaapkolonie, met die hervormings komitee saamgesweer om die Transvaalse regering omver te werp.

Op 29 Desember 1895 het Jameson ‘n aanvalsparty die Transvaal ingelei met die hoop om magte saam te snoer met die ontevrede burgerlikes in Johannesburg. .


(c) Eric Swardt (1998)
Terug na die inhoudsopgawe

 

  1