Die JJ Potgieter manuskrip

Die JJ Potgieter Manuskrip

Die Uitlanders

Die Uitlanders het die gunste van die Boere terugbesorg. Hulle het geglo die Boere was ‘n klompPaul Kruger (skets AA Telford & CTA Maberley, Lost Trials of the Transvaal) ongeletterde, kultuurlose plattelanders wat op die plase gewoon het. Paul Kruger, die leier van die Boere, was maar ‘n besondere ru en koddige kêrel wat rondgeloop het met sy neus in ‘n bybel begrawe, maar nie ‘n duit sou omgee vir die mees basiese menseregte van die Uitlanders nie. Wanneer iemand geprobeer het om ‘n saak aan te raak wat hom nie aangestaan het nie, het hy in ‘n woude bui gegaan en rondgespring en soos ‘n bees gebrul. Enige ontmoeting met hom was heel onaangenaam aangesien hy die gewoonte gehad het om te spoeg terwyl hy praat.

Die Uitlanders het baie griewe gehad. Hulle het byna negentig persent van die land se belastings betaal, maar het geen voordeel daaruit geput nie. Die regering het geen poging aangewend om die toestande in Johannesburg te verbeter nie. Daar was geen waterpype of rioolstelsels in die dorp nie. Die Uitlanders het geen seggenskap gehad oor die aanstelling van regerings en munisipale amptenare nie en kon geen invloed uitoefen oor die besteding van die belastings wat hulle betaal het nie. Die Uitlanders het gekla dat die amptenare totaal korrup was, terwyl hulle belaglike hoë salarisse betaal is.

Die Uitlanders het die kommandostelsel gehaat. Alle mans tussen die ouderdom van sestien en sestig kon ter enige tyd beveel word om by ‘n kommando aan te sluit. Hulle het geen lojaliteit teenoor die Transvaal gehad nie. Hulle lojaliteit het by die Koningin gelê. Hulle het geen intensie gehad om na ‘n oorlog te gaan vir ‘n regering vir wie hulle nie eers gestem het nie. Generaal Joubert het die Uitlanders na wille keur opgekommandeer wanneer hy troepe nodig gehad het vir sy veldtogte teen rebelle soos Mapoch en Magoeba. Baie het geweier om vir militêre diens aan te meld. Diegene wat wel aangemeld het, het dikwels gedros wanneer hulle gevaar in die gesig gestaar het. Na menigte onderhandelinge het Kruger in 1894 uiteindelik aan die Uitlanders vrystelling van militêre diens toegestaan.

Ander klagtes het die afwesigheid van ongeskiktheidpensioen en die feit dat die regering uiters min geld aan skole vir die Uitlanders gespandeer het, ingesluit. Die kinders moes onderrig in Afrikaans ondergaan. Die wette het die vrye verkoop van alkohol aan die werkers toegelaat. Die werkers het dikwels op ‘n Maandag na die werk teruggekeer, geheel en al onbevoeg tot enige vorm van produktiewe werk. Die Uitlanders het geglo dat die regering korrup en bevooroordeeld teenoor hulle was. Hulle was veral ongelukkig oor die toestaan van konsessies. Die Duitsers het die monopolie oor dinamiet gehad. Hierdie monopolie was ten volle uitgebuit met hoë pryse vir swak kwaliteit. Die regering het self die monopolie oor die spoorweë gehad. Tariewe was ongunstig teenoor die mynbedryf gestruktureer, met ekstra hoë lading vir vrag wat vanaf Kaapstad gekom het.


(c) Eric Swardt (1998)
Terug na die inhoudsopgawe

 

  1