Die Eric Swardt Web genealogiese lyste

Hier volg 'n versameling van genealogiese lyste (meesal van die voortrekkers) wat ek deur tydsverloop bymekaar gemaak het vanuit verskillende bronne.
 
Die Uys kommisie 
Die Uys kommisie was afgevaardig om die wêreld te verken in Natal en die mees geskikte plek te vind vir die bestemming vir die Groot Trek. 

Schoemansdal begrafplaas 
Die lys van persone wat in die Schoemansdal begrafplaas begrawe is. 

Gesneuweldes van Hlomo Amabuta 
Persone wat deur Dingaan vermoor is op 6 Februarie 1838 

Die eerste trek van Olifantshoek 
Die persone wat volgens veldkornet CV Buchner met die eerste trek vanaf Olifantshoek getrek het in Februarie 1837. 

Die eerste trek van Winterberg 
Die persone wat volgens veldkornet CV Buchner vanaf Winterberg saam met die eerste trek vanaf Olifantshoek getrek het in Februarie 1837.

Die Van Rensburg trek 
Die eerste Voortrekker trek wat die Transvaal binne gegaan het. 

Inwoners van Schoemansdal 
'n Lys van persone wat met hul families onder die sowat 1,800 mense was wat in 1852 in Schoemansdal gewoon het, plus sommiges wat later daar gevestig het. 

Trichard se trek 
Die baanbreker trek van Louis Trichard. 

Gesneuweldes in die slag van Blaauwkrans- en Boesmans-rivier  
Lys deur Mr Boshof van die mense wat in die slag van Blaauwkrans- en Boesmans-rivier deur die Zoeloes vermoor is. 

Gesneuweldes saam met Pieter Uys 
Die persone wat saam met Pieter Uys in geveg met die Zoeloes omgekom het.

 
 Keer terug na die voorblad 1