NUWE KEURINGSTELSEL
Met die Registrasiesertifikate, van al die honde wat gedurende 1998 op die nuwe keuringstelsel gekeur is by hul eienaars, is daar baie vrae by ons lede, omdat hulle nie weet hoe die stelsel werk nie.
Hoe werk die nuwe stelsel ?
Sestien eienskappe van die Boerboel word geëvalueer en gemeet aan die Rasstandaard en dan lineêr weergegee. Indien daar foute by 'n spesifieke eienskap voorkom word foutpunte gegee. Met geen foute en voldoening aan rasstandaard vereistes word 'n standaardpunt gegee en wanneer die eienskap beter is as rasstandaard verdien 'n hond voortreflikheidspunte.
Om 'n hond te kan keur moet die keurder 'n deeglike kennis hê van die rasstandaard en dit prakties kan toepas. Persoonlike voorkeure ten opsigte van die bou, kleur, pigment, masker ensovoorts mag geen invloed hê op die keurder nie. Die Rasstandaard skryf aan ons voor hoedat 'n Boerboel moet lyk ; hiervolgens moet die puntetoekenning gedoen word.
Die keurders oorweeg elke afdeling soos aangeteken op die keurkaart. Deur gebruik te maak van die Kontrolelys (wat hy saam met die keurkaart ontvang) maak hy/sy seker dat die onderafdelings behoorlik oorweeg word. 'n Spesifieke afdeling word dus gemeet aan die Rasstandaard deur gebruik te maak van die kontrolelys.
Indien 'n keurder meen dat die spesifieke Boerboel net voldoen aan die Rasstandaard word slegs 'n Standaardpunt toegeken ( * in kolom).
Foute
Indien 'n keurder meen dat hierdie spesifieke Boerboel nie voldoen aan die voorgeskrewe Rasstandaard nie, bepaal hy/sy die graad van afwyking en penaliseer die Boerboel deur foutpunte toe te ken.
Die foutpunte het 3 kategorieë van penalisasie:
Wanneer 'n foutpunt of afkeurpunt aan 'n hond vir 'n spesifieke eienskap gegee word moet die rede daarvoor in die kolom aangedui word. Hierdie rede word ook op die Registrasiesertifikaat aangedui.
Voortreflikhede:
Wanneer 'n keurder meen dat hierdie spesifieke Boerboel nie net voldoen aan die voorgeskrewe Rasstandaard nie, maar in 'n spesifieke afdeling 'n besonder goeie raseienskap openbaar, kan voortreflikheidspunte aan hierdie Boerboel toegeken word.
Voortreflikheidspunte word in 3 kategorieë toegeken:
Wanneer 'n hond klaar geëvalueer is word al die foute bymekaargetel om sy foutpunt te bepaal. So word die voortreflikheidspunte bymekaargetel om sy pluspunt te bepaal. Hierdie totale word dan aangedui as voorbeeld: [ -3:+5 ] wat dan die finale keuringspunt van die Boerboel verteenwoordig.
Hoe word die nuwe stelsel op die registrasiesertifikate aangedui en verstaan ?
Hieruit is dit duidelik dat die ideale Boerboel geen foutpunte sal hê nie en soveel moontlik pluspunte. Die onverbeterlike Boerboel sal geen foutpunte en 48 pluspunte hê.
Die klassifikasie inligting op die Registrasiesetifikaat lyk soos meegaande tabel:
Rede |
--- |
|
|
+++ |
|
|
Temperament |
* |
|
|
|
Alg. Gesondheid |
* |
++ |
|
|
Voorkoms |
* |
|
|
|
Beweging |
* |
|
|
|
Kop |
* |
+ |
|
|
Neusbeen |
* |
|
Byt af |
--- |
Bek & Lippe |
* |
|
|
|
Oë |
* |
+ |
Vou oor |
-- |
Ore |
* |
|
|
|
Nek |
* |
|
Voete draai |
- |
Voorlyf |
* |
|
|
|
Middellyf |
* |
|
Regop agter |
-- |
Agterlyf |
* |
|
|
|
Stert |
* |
++ |
|
|
Kleur / Pels |
* |
|
|
|
Pigmentasie |
* |
+++ |
Uit hierdie voorbeeld is dit duidelik dat foutpunte in die --- kolom aangedui word saam met die rede van die foutpunt in die redekolom. Standaardpunte word in die kolom net na die eienskapbeskrywing aangedui met 'n *. Pluspunte word aangedui in die +++ kolom. Verder kan ons ook met een oogopslag sien dat hierdie spesifieke Boerboel probleme het met sy voorlyf, ernstiger probleme het met sy ore en afterlyf en 'n bek wat kan lei tot afkeur as dit verder afgebyt het. Aan die ander kant kan ons ook waarneem dat die hond 'n beter as normale kop en oë het. Ook is die hond se algemene gesondheid en stert uitstekend. Sy pigmentasie is onverbeterlik. Sy finale keuringspunt word aangedui as [ -8:+9 ].
'n Hond met 0 tot 10 foutpunte word opgeneem in die Registrasieregister. 'n Hond met 11 tot 15 foutpunte word opgeneem in die Ontwikkelingsregister. 'n Hond met meer as 15 foutpunte in totaal word afgekeur. Om hierdie rede word 'n afkeureienskap gelyk gestel aan 16 foutpunte. Foutpunte word nie deur Voortreflikheidspunte uitgeskakel nie. Daarom sal 'n hond met 'n punt van [ -16:+10 ] steeds afgekeur word.
Honde waarvan die ouers onbekend is, word vanaf 1 Januarie 1999, nog nie geregistreer nie, en met 0 tot 10 foutpunte word in die Ontwikkelingsregister opgeneem. Hierdie honde met meer as 10 foutpunte word afgekeur.
Baie lede vra steeds vir 'n persentasiepunt as keuringspunt. Huidig kan genoem word dat die saamstel van 'n formule ondersoek word waaruit 'n persentasiepunt uit die huidige keuringspunt bereken kan word. Beide punte sal dan op die Registrasiesertifikaat aangedui kan (moet) word. Die ou stelsel van 'n persentasiepunt toeken is verby!