Inhoud : Waardes
'n Uiteensetting van die
Waardes
'n Verduideliking van wat waardes
is en nie is nie
NG Kerk Walvisbaai Noord - Tuisblad
|
INLEIDING
In die 21ste eeu sal leiers nie lei deur gesag nie, maar deur hulle vaardigheid om opgewonde te maak oor n visie en kern waardes van die organisasie.
Individuele waardes: n Leier het n stel kern waardes wat alles wat hy doen beinvloed.
Gemeente of korporatiewe waardes: Elke kerk moet n stel kernwaardes he wat rigting gee aan wat daardie spesifieke kerk soek om te doen. Gemeentes met sterk, positiewe, bybelse kultuur is n gemeente wat baie gedoen kry en n verskil maak in die samelewing. Gemeentes sal die reeds vasgestelde belydenisskrifte wat eintlik die waardes van die kerk uitspel, afstof, herdefinieer, ontwikkel en nuut formuleer, dan sal hulle n verskil maak in die 21ste eeu. Indien kernwaardes geformuleer is, moet dit baie baie duidelik gekommunikeer word aan die leierskap en die gemeente anders sal die gemeente in tye van turbulensie nie oorleef nie.
DIE BELANGRIKHEID VAN KERN WAARDES:
Punt 1
(Waardes
bepaal n gemeente se eiesoortige bedieninge)
Punt 2
(Waardes
stuur mense se persoonlike betrokkenheid in die regte bedieninge)
Punt 3
( Wat vir n gemeente belangrik
is, word gekommunikeer deur waardes)
Punt 4
(Waardes
kan positiewe verandering help bewerkstellig)
Punt 5
(Waardes
beinvloed gedrag)
Punt 6
(Waardes
versterk n geloofwaardige leierskap)
Punt 7
(Waardes
vorm die karakter van bedieninge)
Punt 8
(Waardes
dra by tot sukses)
Punt 9 (Waardes bepaal n visie)
1. Waardes bepaal n gemeente se eiesoortige bedieninge.
Dank Vader, die Here het nie alle kerke dieselfde gemaak nie. Dit neem allerhande verskillende soorte bedieninge om verskillende soorte mense te bereik. Die verskil in verskillende tipes bedieninge is die verskillende organisatoriese kulture. Die belangrikste bestandeel van n organisasie is sy kern waardes. Wat is Kern waardes? Dit is waarvoor ons staan; dit is waaroor alles vir ons gaan; dit is wie ons is; dit is wat ons vir jou kan doen. Selfs in die Nuwe Testamentiese bedieninge is daar verskille in kern waardes gewees. Vir die gemeente in Korinte was die gawes van die Gees belangrik. Vir Galasiers was die wet van Moses verkeerdelik, nog n kern waarde. So kan jy die boeke van Paulus lees en agterkom dat elke gemeente aan wie hy geskrywe het, tog verkillende kernwaardes gehad het. Vandag se gemeentes verskil net so. Sommige is meer tradisioneel in lofprysing, ander is meer kontemporer. Sommige fokus op berading, ander op korrekte Bybelse prediking, ander op evangelisasie, ander op familie bediening, ander op genesings bediening, ander wil meer uitreik na die armes en behoeftiges, ens. As jy gemeentes se kernwaardes lees, kan jy gou agterkom watter verkillende eiesoortige bedieninge hulle voor voorsieining maak.
2. Waardes stuur mense se persoonlike betrokkenheid in die regte bedieninge.
Waardes help vir mense uitklaar waar hulle persoonlike betrokke wil raak. Elke individu gaan kyk na sy eie kern waardes en vergelyk dit dan met die waardes wat die gemeente daar gestel het. Dit help hom om te weet waar hy inpas en in watter bediening hy betrokke moet raak. Jy sal vir n langer tydperk gelukkig wees in n spesifieke bediening as jou kern waardes en daardie spesifieke bediening se kernwaardes ooreenstem. As jy by die kerk se voordeur instap en jy weet wat jou kern waardes is en wat hierdie gemeente se kernwaardes is, gaan jy vir jouself baie vreugde verskaf en vir die gemeente baie moeite en kosbare tyd spaar. Dit help dat mense en die kerk met mekaar uitklaar waar stem ons met mekaar saam en waar verskil ons met mekaar. Daar sal altyd verskille ook wees. Indien daar te veel verskille is, dan pas ons dalk nie bymekaar nie. Dan moet die persoon dalk na n ander kerk gaan. Waardes help om in n individu se lewe die verskil te maak van tragedie of triomf. n Leier moet hard werk om konsensus te kry in die kern waardes van n gemeente.
3. Wat vir n gemeente belangrik is, word gekommunikeer deur waardes.
Kern waardes gee die "bottom line" van n gemeente duidelik deur. Dis waarvoor ons staan, dis wat vir ons saakmaak. Dit is wat vir ons waarde het. Dit glo ons is God se hart vir hierdie gemeente. Wanneer moet mense aanbeweeg van een bediening na n ander. Hoe kan n leier in n gemeente weet of hy moet aangaan na n volgende bediening, of moet hy bly waar hy is. Die antwoord is in die volgende vraag gelee: Vra die situasie waarin ek tans is van my om kompromiee aan te gaan of om my kern waardes te ignoreer of af te skuif? Indien die antwoord ja is, moet jy afstap van daardie bediening en oorgaan na n ander bediening. As jy nie meer kans sien om jou wyk te besoek nie, stap af en gaan oor na n bediening wat by jou waardes inpas.
Daar moet n passie in elke gemeente wees. n Passie staan vir iets. n Passie word uitgebeeld in waardes wat saakmaak. As dit nie so is nie, kom daar twis en dwaal mense af van dit waaroor dit regtig gaan soos in Hd.6:1.
Waardes help om jou energie te fokus op dit wat regtig saakmaak in n spesifieke bediening. Hoe prioriteit waardes teken n teiken teen die muur waarheen mense wat betrokke raak, kan skiet. Dit vertel waar jy jou tyd en energie die mees effektiefste kan spandeer soos in Hd.6:4. Baie mense bevind hulle in poste waarin hulle nooit moes wees nie.
4. Waardes kan positiewe verandering help bewerkstellig.
Verandering vind in die wereld teen n geweldige tempo plaas. Lees gerus in ons dokument: Waarom vernuwing? hoe vinnig verandering op kerklike terrein plaasvind. Vernaderinge wat plaasvind raak ons as mense nie net bo-langs nie. Dit raak ons innerlike wese, dit raak ons diepste binneste. Dit raak ook ons geestelike lewens. Die probleem waarmee ons vandag sit, is dat verandering op alle gebiede plaasvind. Mense word oorlaai met verandering. Dit raak te veel vir mense. Hulle raak later so uitgeput vir verandering, hulle raak net belangeloos. In die kerk is die teendeel ongelukkig rampspoedig. Indien die kerk te stadiger vernuwe as die veranderde wereld buite die kerk, raak die kerk vir meeste mense nutteloos en waardeloos. In al die ander tereine van sy lewe verander hy, maar as hy Sondag kerk toe gaan, is alles soos 50 jaar gelede. Daarom verloor hy belangstelling.
Die Heilige Koei in n gemeente moet wees sy Visie, Waardes en Geloofsbeginsels soos gebaseer op die Skrif. Hierdie is onveranderbares. Die kern waardes is die koue lym of patex wat die gemeente aanmekaar hou in n tyd van verandering. Soos wat alles rondom ons verander, moet die gemeente leer om aan te pas by veranderinge maar dit moet alles geskied binne die raamwerk van die reeds vasgestelde kern waardes van die gemeente. Wat moet ons vernuwe en wat nie. Wat moet verander word en wat moet bly? Die antwoord op hierdie vrae le in die kern waardes en visie van die gemeente. Vernuwe alles wat ingesluit word in die kern waardes en vise van die gemeente.
Kern waardes en visie is die vormende krag van n hele bediening. Dit beinvloed alles in die gemeente. Die besluite, die doelwitte, die prioriteite, die probleem oplossings, die konflik oplossings, en nog baie meer. Kern waardes is die basis vir alle gedrag. Dit is die bottom line vir wat jy wil doen en nie wil doen nie.
In die nuwe testament het daar twee duidelike voorvalle plaasgevind waat waardes mense se gedrag beinvloed het. In Handelinge 15 besluit die kerk van daardie tyd in n kerkraadsvergadering dat persone wat uit nie heidendom tot bekering kom (nie uit die Jodendom nie) nie besny hoef te word nie. Dit was n radikale waardeskuif. Die Christene, wat tot op daardie stadium meesal Jode was, het besluit dat besnydenis as waarde, kultureel van aard is en nie n vereiste vir redding nie. Die kerkraadslede in Handelinge 6:1-7 het ook n waarde probleem. Die vir wie dit n waarde is om te vas, te bid en die evangelie te verkondig, voel dat te veel ander dinge hulle aandag aftrek. Dit is vir hulle n waarde wat vasstaan en wat hulle nie gaan skuif nie. Elke dag kom ons as kinders van die Here in situasies van probleem oplossings, persoonlike opinie vorming, besluitneming, konflik oplossings ens. Sommige van hierdie situasie is roetine. Ander is novel. In hierdie situasie help ons kern waardes ons om nugter te bly en die regte besluite te neem. Kern waardes kom voor bedienings politiek, voor strategiee, voor doelwitte.
Wat beweeg n passiewe "in die bank sit Christen" na n aktiewe wedergebore Christen. Mense soek na iets waaraan hulle hulleself kan verbind, iets wat hulle beste pogings werd is. Hulle is gewillig en ywerig om hulleself te verbind tot iets wat die moeite werd is. Iets wat groter is as hulleself. Iets wat betekenis in hulle lewe gee. Te veel bediening is moordenaars velde van geestelike ywer in mense. Mense het n ywer, maar daar is nie werklik iets wat die moeite werd is om voor te ywer nie. Die kerk moet meer bied as net n Sondagskool lessie uit die Vyfde Herdruk van die Sinodaal voorgeskrewe Sondagskool boek, die kerk moet meer bied as n skuldgevoel totdat ek eendag in n Oue Te Huis sit, die ker moet meer doen as n vinnige fotostateer van n afkondigings elke Sondag, die kerk moet meer doen as die reel van basaars en kommissie vergaderings. Die kerk moet uitstyg bo die betekenislose ritueel van saamkom een keer per week. Dit is nie wat die eerste gemeente in Handelinge 1 en 2 gedoen het nie. Die kerk moet mense se lewe aanraak wat aan mense groter betekenis en meer bevrediging in hulle lewens bied. Waardes gee mense wat dien groter betekenisvolheid in die diens wat hulle lewer. Waardes wat mense se harte beweeg dat hulle hul energie uitstort in bedieninge in n gemeente.
6. Waardes versterk n geloofwaardige leierskap
Goeie leiers beinvloed mense lewensveranderend. Voorbeelde van goeie sowel as slegte leiers is Moses, Paulus, Hitler, Martin Luther, Calvyn, Billy Graham, ens. n Leier se waardes bepaal wie hy regtig gaan beinvloed. Die bediening wat iemand rondom hom bou is n uitdrukking van die waardes wat hy het. Christen leiers staan vir streng Bybelse waardes. n Leier moet sy lewe inrig volgens sy waardes. Dit is die kern tot n leier se geloofwaardigheid. Leiers help ander om hulle waardes te vorm. Hulle beinvloed mense meer deur wat hulle lewe as deur wat hulle se. As jy nie lewe wat jy praat nie, sal jou volgelinge baie gou agterkom dat jy skynheilig is. 1 Tim.4:12. En 1Kor.11:1.
7. Waardes vorm die karakter van bedieninge.
Mense met swak karakter is gewoonlik mense met swak waardes en n lae lewenspeil. Mense met goeie karakter lewe n goeie lewe en het hoe waardes. Kern waardes is die kwaliteite van n organisasie se karakter. Ek het onlangs Chicago toe gevlieg. Die kaptien van die Air bus het n duidelike visie gehad van wat hy moet doen (hy moet hierdie vliegtuig vanaf Johannesburg in Suid-Afrika vlieg na Chicago in USA). Hy het n duidelike strategie gehad van hoe hy dit gaan doen. Tog was hy ook duidelik daarvan bewus dat die passasiers en die publiek hom en sy bemanning se diens voor tydens en na die vlug volgens sekere standaarde sal beoordeel. Die karakter van die bemanning op hierdie spesifieke vlug asook die Lugredery, (in die geval was dit Turkish Arilines) sal beoordeel word. Die sleutel tot hulle karakter is hulle kern waardes.
Nog n manier waarop kern waardes die karakter van n gemeente beinvloed is die gemeente se verbintenis tot uitstekende diens. God het beveel dat Israel die beste eenjaar oud rammetjie moet slag, sonder enige ligaamsgebrek. In die Nuwe Testament Ef.6:5-8 en Kol 3:23-24.
Sukses is as n visie bereik is sonder dat die kern waardes verander het.
n Visie is die gemeente se rigting. Wat gedoen moet word. Waardes bepaal baie keer die rigting waarin beweeg word.
Hoofstuk 2
Die verskil tussen Visie en Waardes.
Die verskil tussen beginsels en waardes:
Beginsels is diep, fundamentele waarhede wat dien as algemene riglyne vir menslike gedrag. Beginsels geld in lewensterreine soos familie, in die werk, by n gemeente ens. Waardes bied ook n basis waarop beginsels gebaseer word.
Verskil tussen waardes en strategie:
Waardes antwoord die waarom vraag. Strategie antwoord die Hoe? vraag.
Verskil tussen waardes en belydenisskrifte:
Belydenisse is die dinge wat ons glo gebasseer op die Bybel. As jy wil weet wat n gemeente glo oor God, die Heilige Gees, Christus, die mens, redding, die lewe hierna ens, lees dat die kerk se belydenisskrifte. Waardes is waarom ons doen soos ons doen.
KERN WAARDES IS N GEMEENTE SE KONSTANTE PASSIE VOLGENS BYBELSE GELOOFS KERN WAT ONS OPTREDE DRYF.
In 1958 het vervaardigers tien elektroniese komponente van n rekenaar op n skip gelaai. In 1970 het hulle honderd komponente op een skip kon laai. In 1972 het hulle 1000 komponente op n skip gelaai. In 1974 kon hulle 10000 komponente op n skip laai. Vandag kan n moderne rekenaar met die knip van n oog miljoene berekeninge doen. Twee Japanese firmas Hitachi en NEC se dat hulle n rekenaar chip gemaak het, n gigabite chip wat meer as een biljoen bits informasie kan stoor.
Te veel kerke neem n volstruis houding in. Kom ons ignoreer die vinnige veranderinge solank as moontlik. Hulle redeneer dat vernuwing lei tot teologiese liberalisme. Hulle is uit voeling met die samelewing en ten minste 30 jaar agter. Sommige gemeentes het onlangs eers n rekenaar aangeskaf.
n Kerk se visie, waardes en belydenisskrifte verander nie. Dit bly konstant. Die strategiee verander om tred te hou met die veranderende samelewing. n Waarde moet die hart en emosie van mense aanraak. Dan is dit n passie. Dit moet hart en verstand aangryp. Dit wek emosies in jou op en dryf jou tot aksie. Kern waardes moet altyd bybels gefundeer wees. Mense sal jou leiding as n leier volg as jy hulle iets gee om in te glo. n Believe is iets waarin jy glo, wat jy vertrou, waaraan jy kan vashou.
Die leierskap neem besluite volgens hulle kern waardes. n Gemeente neem ook seker risiko besluite. Gemeentes wat groter risikos neem, is gewoonlike gemeente wat dit verder bring as ander.
1. Dit sluit vriendskaps evangelisasie as n proses en spesiale eredienste vir ongelowiges in.
4. Dit behels die bediening van die evangelie in die verstaansvlak, taal en idioom van elke ouderdoms groep.
5. Ons strewe daarna om kerkwees altyd beter te doen, om meer mense te bereik en om meer behoeftes te vervul. Dit sluit in kritiese self evaluering, uitstekendheid, vir God net die beste