South African Chatroom.
Welcome to Foxx's Homepage.
I would like to invite all South Africans to come and chat here and let us make this page a meeting place for all.
Send E-mail to :sakkie@hotmail.com
This Page Hosted ByFree Home Page
Boer in beton.
Ek's 'n Afrikaner in die stad
ek dra my masker in De Kat
deur donker stegies en geboue
vat vyf my bra vasvat
maar iewers in my onderbewussyn
sien ek nog die Karooson skyn
waar die springboktroppe spring
hoor ek die grensdrade wat sing
ek rook tuisgerolde fags
ek lees al die unbanned mags
ek gaan nooit klubs toe nie
nie eers in drag
Ek's 'n BOER IN BETON soos Oom Paul op
ou Kerkplein
niemand weet van my pyn want die is
goed vermom
ek's 'n boer in beton
daar's 'n ketel wat nog kook
daar is junkies wat nog rook
Iewers in my klink die stem
van Antjie Krog en Breyten ook
elke voorvader 'n pionier
maar ek weet ek hoort ook hier
al sit ek laat in kroeë rond
en ken ek skaars die reuk van grond
daar's iewers nog 'n boerestoep
daar's iewers velde wat nog roep
my handpalms is wit soos jy
ek bedel troos waar ek kan kry.
Uit: Elke Boemelaar se Droom
Deur: Koos Kombuis
House of Bushrock Produksie 1994.