This site is now officially dead. Visit my new home page at http://geocities.datacellar.net/lacialacia/. Please update your bookmarks. |
home: Wellesley 5897ordinateur@websurfer.co.za |
Leuce se webwerf... nie sommer enige ou webwerf nie! My naam is Samuel Murray, ek's 25 jaar oud (dis hel oud), praat gewoonlik Afferkaans, en hierdie is my honderdste webwerf (wel byna). Hierdie subbladsy handel oor al my liewe, gawe, liewe vriende, wat hulle doen, wie hulle is, ens.
Hoe besluit 'n mens nou watter vriende verdien 'n bladsy hier? Of nie hier nie? Of... is verdienste werklik 'n maatstaf? Nee wat, ek sal maar bloot net skryf oor diegene wat ek vermoed nie sal omgee dat hulle naam op die internet geplak word nie. Dis makliker.
'n Bladsy soos hierdie, soos ook by my familiebladsy, is leeg en dor sonder foto's van algaar, maar die foto'tjies ontbreek my nou (by die skrywe van hierdie relaas), en sal my seker ontbreek solank ek hierdie webwerf besit. Maar, indien ek dalk eeeeeendag 'n foto of twee verskandeer, wel, hulle sal iewers 'n plekkie vind, wat.
Omdat ek nie toestemming het om oor al hierdie mense te skryf nie (die afferkaander is maar so, hy's baie sensitief), gaan ek van kodewoorde gebruik maak om na almal te verwys. Indien jy dus vermoed een van hulle verwys na jou, trek die skoen aan as hy pas. Of stuur vir my skrifterlike toestemming om jou regte naam te noem.
En as dit toe al die tyd nie jy was nie, sal ek dalk 'n stukkie oor jou skryf. (O, en daar's 'n lysie van my IRC-geselsmaats onderaan die bladsy...)
... wat is vriende? ... en wat is kennisse? ... en wanneer sal 'n vriend geafferonteerd voel as jy hom onder "kennisse" lys, en wanneer sal 'n kennis snaakse idees kry as jy hom onder "vriende" lys? Hier dus, 'n lys, in onspesifieke volgorde, maar tog logies opgestel, van al my vriende en kennisse wat ek vermoed nie sal omgee nie.
Lenteblaar sien ek redelik gereeld. Hy't nou 'n flet van sy eie en 'n rekenaar van sy eie, en hy's heel werkloos, so hy't baie tyd. Amper net soveel tyd soos ek, want ek is ook werkloos. Sy liewe meisie, Liewenheersbesie (kom ons sê liewers Ladybug), werk hard en vlytig om vir die arme man te sorg sodat hy nie honger ly nie. Om te sorg dat hy nie rondvry nie het sy by hom in die flet ingetrek, en dis eintlik 'n bonus vir my want nou kan ek vir albei tergelyk gaan kuier. Slim né?
Alikreuk is 'n oulike klein meisietjie, of sal ek sê 'n ou klein meisietjie... Ag, sy sal my vergewe as ek haar spot met haar ouderdom. Ek is self nie meer jonk nie. Sy's slimmer as Lenteblaar en bly sommer by haar ouers. Nou't sy meer geld om haar boyfriend te spoil en oorsee te neem. Toemaar, Alikreuk, ek weet jy spaar eintlik baie hard. Sylvanius, haar nuutgevonde boyfriend, ken ek nog maar skaars, maar dit lyk of die ou man gekom het om te bly. Ek is self ook nie meer jonk nie (o, ek het dit al gesê).
Blienkie is 'n gawe mens, maar 'n mens sien haar maar min. Of dalk sien ek haar net min omdat ek min vir haar gaan kuier. Ek sien haar darem telkens as ek by haar klein sussie Alikreuk gaan kuier.
Relke is eintlik familie van Lenteblaar, op so'n roundabout manier. Maar sedert ek van oorsee af teruggekom het aan die begin van 98 't'k haar nog glad nie eens gesien nie. Hulle sê vir my sy's baie besig met werk en met studie, 'n mens kan verstaan.
Snoek en Forel woon saam in 'n flet aan die blanke end van die dorp. Snoek voer klip uit. Forel vryf voete. Hmmm, wat kan ek nog sê? Forel't eenkeer vir haarself 'n faks gefaks op kantoor, maar sy's eintlik baie intelligent.
Gietertjie't sulke lang blonde hare, 'n wakker gesig, en 'n flet in die 'bosch. Haar arme sussie't onlang met 'n Ier getrou, sy's nou O'Something of iets. Ek mis haar nogal. Vir Gietertjie, want ek sien haar deesdae min.
Mier sal ek later behandel... sy is 'n regte mier, luiaard.
Luna, Diekie, en Feurre en nog 'n spul ander mense was almal deel van so'n ander aparte vriendekring wat ek gehad het voor ek vir twee jaar oorsee was. Toe ek terugkom het almal met mekaar al opgebreek en met ander mense vrinne gemaak, en waar sit ek toe? Luna't met haar ou, Munt, opgebreek, en is tans sover ek weet oorsee. Diekie het met sy ou ook opgebreek, en verder weet ek ook nie meer wat hy doen nie. Ek't hom darem onlangs (4 maande laas) gesien, en leuk pasta mee gaan eet. Feurre noem ek net hier terloops want sy's my eks, en sy's ook soortvan die ou spil waar 'n klomp ander pelle gedraai het, o.a. Gragmees, Yes, Debs, Diekie, Pentus, en nog ander. Ons wat maar lekker vies vir mekaar vir 'n tyd nadat ons opgebreek het, maar tans is als kosher weer (hoewel ons mekaar glad nie meer sien nie).
Ek't Diekie deur Luna ontmoet, en Feurre deur Diekie ontmoet, en Yes en Gragmees en Munt deur Feurre ontmoet, en Pentus en Debs deur Gragmees ontmoet, en Mier deur Yes en Munt en Luna en Feurre ontmoet, maar eintlik ook Gragmees deur Mier ontmoet, en tans hoop ek ek sien binnekort weer vir Redrum, wat ek deur Mier ontmoet het, maar Mier is deesdae my maatjie, en ek sal haar nie los vir iemand anders nie... nee, eintlik het ek niemand gelos nie... ons het net soortvan ontbind.
Kom ek doen dieselfde met die ander: Ek't Ladybug en Alikreuk deur Lenteblaar ontmoet, en Blienkie deur Alikreuk ontmoet, en Relke deur Ladybug ontmoet, en Forel deur beide Alikreuk en Lenteblaar ontmoet, en vir Snorre ook deur hulle twee ontmoet, en vir Gietertjie deur Lenteblaar ontmoet, en Lenteblaar het Mier deur my ontmoet.
Nee, eintlik het ek en Alikreuk, Lenteblaar, Forel en Snorre mekaar almal by die kerk ontmoet, en toe het almal almal se sussies en boeties en ous en meisies ontmoet.
Mier... kom ek vertel gou...
Mier is 'n snaakse storie, beide hoe ek haar ontmoet het en hoe ons vriende geword het en hoe ons tans oor die weg kom met mekaar. Streng gesproke het ek haar deur my eks, Feurre, ontmoet (hoe? ek't eendag "per ongeluk" haar telefoonboekie oop op haar tafel sien lê, en ek kan mos nou nie help ek't 'n fotografiese geheue nie; skies Feurre). Toe bel ek haar maande nadat ek met Feurre opgebreek het, en natuurlik onthou sy my toe nie, maar toe gaan kuier ek vir haar, en toe nooi sy my weer uit, en weer, en weer, en dis hoe ons vriende geraak het.
Mier is baie besig. Sy's baie slim en intelligent, maar sy't onlangs haar kar afgeskryf, so dit sukkel maar 'n bietjie om by al haar aktiwiteite uit te kom (myself included). Ons't vroeër baie gaan fliek, maar ons is tans albei platsak. Nou sit ons maar ek kyk vir mekaar, en tel tande, en speel met vingers.
En dis al...
O, Mamma en Muiltjie en Roedolf het almal saam met my geswot. Mamma is 'n volwaardige taalprakteur (advertising en journalism), Muiltjie is nog 'n administratiewe assistent, en Roedolf swot tans liggaamsoefening in Berlyn waar hy verniet kan swot vanwee sy ouers se uitstekende keuse van paspoort.
. Onlangs het ek in die val van Internet Relay Chat geval, en tans gesels ek byna elke aand 'n uur of twee. Ek het maatjies ontmoet op veral drie kanale, op twee bedieners. Die een bedienergroep is starchat (wat regoor die wêreld gebruik word en bedieners het in verskeie lande... ek gebruik 'n bediener in Engeland genaamd "rush.starchat.net"), en die ander een is 'n Suid-Afrikaanse dingetjie genaamd zanet (wat blykbaar al 'n bietjie verroes is... ek gebruik die bedieneradres "timewiz.za").
Ek gee net hier die nicks (oftewel kenname) aan aangesien mense maar privaat en sku is. Ek sluit nie biografieë in tot iemand my uitdruklik toestemming gee nie.
(c) Samuel Murray, 1998 http://geocities.datacellar.net/Wellesley/5897/le03.html
werf geskep: 1998-10-20 (vorige werf 1998-06-28)
lettertipes gebruik: helvetica, brandley hand, en enya |
|||
teken my gasteboek lees gasteboek |