This site is now officially dead.
Visit my new home page at http://geocities.datacellar.net/lacialacia/.
Please update your bookmarks.

Leuce's website! A wide variety of topics such as working holidays, internet terminology, web design, life in the "new" South Africa, etc. Come and see what Afrikaans looks like! See also what my poems look like. This subpage is dedicated to what I try to consider my "best" poems.

... van my beste poëme ...
blerts van die baaierd, wespark

home: Wellesley 5897
ordinateur@websurfer.co.za

Leuce se webwerf... nie sommer enige ou webwerf nie! My naam is Samuel Murray, ek's 25 jaar oud (dis hel oud), praat gewoonlik Afferkaans, en hierdie is my honderdste webwerf (wel byna). Ek het hier 'n paar gedigte ook, op hierdie subbladsy. Ek hoop jy geniet die "literatuur".

Oukei. Elke persoonlike webwerf probeer sy audience wys maak dat die skrywer eintlik 'n budding artist is, en probeer dan beïndruk met sy skitterende gedigte en skryfwerk. Ek is ook nie links nie, en presenteer hier 'n bloemlesing van my eie "dig"-pogings.

en hier gaan ons, of  wat ook al

Wees vooraf gewaarsku... hierdie bladsy bevat dertien gediggies of gedigbrokkies.

Uitmuntend... of: my gunsteling gedigte.

Uitmuntendterig... of: beste van die res. Uitvermundt... of: uittreksels uit onvoltooide (?) pogings.

... en hier volg hulle:


Waan se vingers hou my vas
haar koue roer verkluim die noop
haar glimme blik weef silwer gras
en klief tot murg en siel my hoop.

Waan se arms hou my knus
haar soel geherfs verlei die waak
haar somber toon vertroebel hus
en brei tot koningsblou my vaak.

1995-11-12, Bellville


loef

maar nogtans droef
en joviaal
melancholie se troef

melancholie se dy
en desolaat
maar salig vry

ly

1996-02-03, Bellville

hierdie gedig lyk ook mooi in gif-formaat


'n sampioen sluk my in
en vergeet om my te verteer
nou sit ek maar hier in sy donker maag
want oormôre vrot hy, en dan is ek vry

1996-10-11, Edinburgh


Aan die waterkant van jou

Vreemd om my hart te hoor klop
aan die waterkant van jou met
die gevoel hier opgekrop van
rus wat'k lank gelee verloor het.

Yskou branders veeg
en vloei van my met drome
van jou gety wat weg beweeg
en spartel in gedagtestrome.

Hier's mos waar'k moet wees
dae en aande soel, dae en aande vloei van my heen.

Hier leef al my drome oor jou
dae en aande koel, dae en aande dryf van my heen.

Die sagblou gesigeinder
reik diep in my verlee
waar die kim ander
vergete branders oor my vee.

Snaaks dat ek nou
diep water kuite voel
en vreemd dat my hart klop-klop
aan die waterkant van jou.

Iewers in 1990, Bellville


Missing A, O and A

Suffice to say that reasoning alone
could not begin to show
remotely why my heart would not atone
or why the numbing snow
harasses not my fickening.

Moment'rily my stable thoughts
conceive surrender - sweet and fresh -
devoting warm retarted rot
naively rampant to my flesh,
lamenting not its lethal wroughts.

Dreaded, dreaded delight of my maddening.

1997-03-18, Edinburgh


Siegfriend

skemerende kameraad
instrument van my verdriet
elfieliefdeslewensmaat
godsgenesend sianied

fatsoenlik soms maar dikwels kras
repliek is telkens in sy mond
identiteit van my respyt
esopus rus in sagte grond
demosthenes vergaan tot as

1995-03-17, Bellville


jist a loady shite

aw whae a cunt ah wis last night
tae screw ma prick intae yer shite
yer virgin fanny's still aw right
but ken, yer arse wis rather tight

1997-01-07, Bellville


eldorado vlootblou strik
freule meisie sjoejannatjie
bateleur (sic) leersandaaltjie

elmsvure bliksemweer
frenensie psige, soepel vriend
dartelende maskerspook

elpebeentjie sonnestraaltjie
fret in dolle blinde vaart
dagerreodogtertjie

1995-03-19, Bellville


Ontwrig die sin privaat en ons begin met wig te naat

Met elke tonggeklap slaan hy die splinter dieper in
my wankelrige selfbeeld in, en al wat dit verrig
- bedoeld of onbewus - is sorg dat ek ons vriendskap haat.

Met elke laggeluid dryf sy haar vuiste sonder sin
met mening teen my onskuld vas, en laat aan my die plig
om self - gevraagd of ongewens - die lewe te verlaat.

Met elke geen wat broer en suster deel sal my elfin
se nageslag die duister waan van my poësie verlig,
en dan besef die pyn is straks veroorsaak deur gepraat.

1995-06-24, Bellville


labia

maar was lacia menore
die uwe tevore
in cepia beskore?

is my ydel verlore
soos trae getye
wat hunker verlye?

en vir oulaas vermye
die meisie verbye.

1998-01-10, Bellville


uit Tamlin, verse 2 en 3 (van 4)

Tussen tye in die tyd
staan die Koningin van Spyt;
Voor die ruitery van elfe
staan die mensekind en pleit.

Die lakeie van Annwfn
fluister sissend haat en hoon
want die vreemdeling Tamlin
het die doderyk verloën.

1994-12-21, Witsand

"Annwfn" uitgespreek "an-noën"


uit Troop, verse 1 en 2 (van 2 sover)

Ek wens ek was 'n kunstenaar
met woorde as my verf -
my eseltjie 'n lesenaar
waarop ek ritme kerf.

Ek wens ek kon my drome pen
met sinne kleure vang,
die reentboog in die ink herken
en skadus daaraan hang.

[chorus]

Die metafoor het my ontgaan
van liefde my gestroop;
my hart is koud, my siel is waan,
my lewe is 'n troop.

1994-12-23, naby Witsand

as ek geweet het hoe om 'n midi-lêer te skep sou ek.


Die kerkklok kondig ronduit feesdag aan,
die kinders lag en huppel deur die straat,
die ouderling stap statig selfvoldaan,
en bring my stralend na my liefdesmaat.

Die aandklok lui die dag se sterwe in,
die beeste loei en drentel deur die land,
die moeë boerjong slenter na sy kin,
en laat my donker eensaam teen die rand.

1995-06-12, Zonnebloem

met apologie aan Thomas Gray.


Quite 'n versameling... en dan het ek nog ander digpogings. Soos die vier gedigte oor feurre (my eks), of die ses gediggies oor lenteblaar en ladybug (my vriende), of die Calin-trilogie (oor Calin Saeceraz, 'n ou verlief), of die haas onvoltooide seksgedig (nie omdat seks my nie interesseer nie, maar omdat daar so ontsaglik min Afrikaanse jambiese woorde is wat op "f" en "c" begint).

laastens...

uit Ringemeester, 'n vertalinkie.

'n Pand wat heers, 'n pand wat opspoor,
'n pand wat lok en in die donker moor
in die Land van Maerdor waar die skadus draal.

vroeg 1993, Zonnebloem


geocities

htmlskrywersgilde
ingeskrewe lid

byna 1 000 afrikaanse skakels

(c) Samuel Murray, 1998
ordinateur@websurfer.co.za

http://geocities.datacellar.net/Wellesley/5897/le04.html

werf geskep: 1998-10-20 (vorige werf 1998-06-28)
werf hersien: 1998-10-20
werf bygewerk: 1999-11-22

lettertipes gebruik: helvetica, brandley hand, en enya

fxweb.com/trackermy old counter, still going strong beste gasteboeke teken my gasteboek
lees gasteboek

1