Die Pienaars van Witrivier, Suid-Afrika
The Pienaar's of White River, South Africa

Genealogie / Genealogy

Hier volg gedeeltelike geskiedenis van die Pienaars vanaf 1684. Vanweë die Anglo Boere-oorlog is baie gegewens onvolledig.  Ek vra dus graag, as u enige inligting het van ouers, of oupas/oumas, ooms, tannies en verder, skoonfamilie (geb datums ens), om dit aan my te stuur sodat ons die gapings in die geskiedenis kan vul.  Inligting kan per epos gestuur word aan thabu@pienaar.co.za.


Hier is ook ingligting van ander vanne beskikbaar, maar uit die aard van die saak net vir soverre dit belang het by die geskiedenis van die Pienaars.  Dit sal mettertyd opgedatteer word.

Meeste van my inligting het ek verkry van 'n navorsingstuk, geskryf deur CJ Pienaar en ZJ Pienaar: Die Pienaars in Suid-Afrika.

 

The following web pages containts part of the history of the Pienaars (Pinard) in South Africa since 1684.  There are a few gaps in the detail, due to the deaths during the Anglo Boer War.  Therefore I will appreciate it if you would send me any information that you might have, grandfathers, grandmothers, uncle's, in-laws, anybody in your family that are in any way connected to a Pienaar.  You can send it to thabu@pienaar.co.za

There are also information available on other people who married a Pienaar, but understandably only as far as it is relevant to the Pienaars.  It will be updated in time.

Most of the information was gathered from websites and a publication by CJ Pienaar and ZJ Pienaar: Die Pienaars in Suid-Afrika.

Jacques Pinard & Esther Fouche(r)

Die Stamvader en stammoeders van die Pienaars in Suid Afrika is Jacques Pinard en sy eerste vrou Esther Fouche * 1666 + 1697 en sy tweede vrou Martha Le Febre * Kaap = 30.7.1684 d.v. Pierre Le Febre en Maria De Grave, wat in 1683 in die Kaap aangekom het, met hul seun Guillaume * 1680. Die Le Febre gesin was van die dorpie Fleurbaix in die destydse Franse provinsie Artois afkomstig. Martha was die tweede kind.

Jacques * 1664 + voor Des 1713 [49] is afkomstig van La Beauce of Pays Chartrain in Frankryk ('n ander bron verwys na Dreux en heelmoontlik 'n lidmaat van La Fontiane-sous-Prémont). Esther is afkomstig van dieselfde omgewing. Dit word vermoed dat sy die suster van Philippe Foucher was. As gevolg van die vervolging van die Protestante het hy en Esther na Nederland gevlug. Daar is hulle in die Franse Kerk St. Aechten in Delft op 10 Desember 1687 getroud. Hy was 23 jaar oud en sy 21 jaar. Op 31.12.1687 vertrek Jacques en sy vrou saam met twintig ander Franse vlugtelinge op die skip Voorschooten na die Kaap Die Goeie Hoop. Die Voorschooten was die eerste skip wat met Franse vlugtelinge na die Kaap vertrek het, met Tafelbaai as bestemming. As gevolg van 'n sterk Suid-Ooste wind moes die Voorschooten op 13 April 1688 in Saldanhabaai ankers gooi. Die Jupiter is vanaf Tafelbaai gestuur om hulle na die kaap te bring.

Op 'n vergadering van die Here Sewentien is besluit dat die vlugtelinge as vryburgers aan die Kaap gevestig moet word, as landbouers of om die ambag waarin hulle opgelei is te beoefen.

Die plaas "Lustig Aan" geleë aan die Wilde Paarde Rivier, in die omgewing van die Klein Drakensteinberge naby Paarl, is in Augustus 1694 aan Jacques en sy vrou toegeken. Op 27.8.1694 het hy oordrag van die plaas verkry in opdrag van Simon Van Der Stel, Goewerneur van "Cabo de goede Hoop". Die plaas se grootte was " 58 Morgen en 150 Quadraat Roeden". Dit was geleë langs die plaas, "Wildepaardenjacht" van Philippe Foucher. Die Wilde Paarde Rivier is 'n tak van die Bergrivier wat deur die Drakensteinvallei loop. Die plaas Lustig Aan is in 1725 aan Louis le Riche verkoop. Die area waar die Franse en Hollandse Immigrante gevestig is, was bekend as die Drakenstein Kolonie, maar het onder die jurisdiksie van die Landdros van Stellenbosch geval.

Uit die huwelik met Esther is gebore:

  1. Guillaume geb. c. 1680 ? (Frankryk)
  2. Pieter geb. c. 1690
  3. Jacques geb. c. 1691

Uit die huwelik met Martha le Febre is gebore:

  1. Marthe geb. c. 1699
  2. Marie Madelein geb. c. 1701
  3. Abel geb. c. 1703
  4. Ester geb. c. 1706
  5. Jean geb. c. 1708
  6. Salomon geb. c. 1710
1