HOE KAN U HIERDIE WEB-BLAD LEES?

Om antwoorde te kry op die Wat, Wie, Waarom, Hoe en Wanneer vrae in verband met die NGK Walvisbaai Noord, gaan gerus in op die volgende bladsye en lees meer oor ons. Baie van die afdelings in steeds in ontwikkeling. Soos wat ons nuwe inligting beskikbaar word, sal ons dit op die web blad plaas.

HOOFSTUK EEN BEANTWOORD DIE WAT? VRAAG

WAT? ‘n Visie: is WAT ons gaan doen. Ons visie is: Deur Jesus Alleen, Dien ons mekaar en reik uit na die wêreld. Dit bestaan uit drie dele.

  1. Deur Jesus Alleen: lees meer hieroor onder Visie, onder Doelwit 2 (Lofprysing en Aanbidding), onder Waarde 6 (Warmte), Waarde 7 (Intersessie) en Waarde 9 (Gelowiges).
  2. Dien ons mekaar: lees meer hieroor onder Visie, onder Doelwit 3 (Gemeenskap), Doelwit 5 (Bedieninge), onder Waarde 1 (Verandering), Waarde 4 (Nuwe strategie), Waarde 6 (Warmte)
  3. En reik uit na die wêreld: lees meer hieroor in ons Missie, onder Doelwit 1 (Evangelisasie), onder Waarde 2 (Evangelisasie)

‘n Gemeentelied, ons eie T-Shirts, ons briefhoofde, ja selfs ons kerktoring kommunikeer ons visie. Die voorblad van hierdie Web-page is ons amptelike logo-blad. Let op die koppie en piering wat simboliese waarde het. Lees hieroor in die visie.

Terug na Inhoud


HOOFSTUK TWEE BEANTWOORD DIE WIE? VRAAG`

WIE? ‘n Missie is op WIE ons dit Wat ons wil doen toespits. ‘n Visie kan jaarliks verander. Omdat ons geweldig baie mense het wat kerklidmate is maar nooit meer kerk toe kom nie, voel ons geroepe om hierdie lidmate ons missie vir 2001 te maak. Ons sal jaarliks ‘n evaluering doen om te sien of ons enigsins iets bereik het met hierdie lidmate. Ons gaan ons stragegie beplan rondom ons vyf doelwitte. Sien dit in vyf sirkels wat met vyf G’s begin. Die buitenste sirkel is die Gemeenskap. Die buitenste doelwit (Doelwit 1) is evangelisasie. Ons poog om soveel moontlik mense van die Gemeenskap wat op een of ander stadium kerklidmaatskap verkry het, een sirkel nader te bring aan die kern, na die Groot Groep sirkel. Lees gerus meer hieroor in ons Strategieë.

Ons Missie is: VERANDER KERK ONGELOWIGES IN WERDERGEBORENES!

Terug na Inhoud


HOOFSTUK DRIE BEANTWOORD DIE WAAROM? VRAAG

Waardes: is WAAROM ons gaan doen wat (visie) ons gaan doen. Lees meer hieroor in hoofstuk drie. Let daarop dat die eerste letters van die nege waardes die woord Vernuwing uitspel.

Terug na Inhoud


HOOFSTUK VIER BEANTWOORD DIE HOE? VRAAG

HOE? Strategie is HOE ons gaan doen wat (visie) ons wil doen. Doelwitte: help om die WAT (visie) en WIE (missie) oor te bring na die HOE (strategie) ons dit gaan doen.

Terug na Inhoud


HOOFSTUK VYF BEANTWOORD DIE WANNEER? VRAAG

WANNEER? Meetbaarheid is WANNEER ons gaan doen wat (visie) ons gaan doen.

Terug na Inhoud


Gemeente Informasie

Gemeente Adres

NG Kerk Walvisbaai Noord
Nangolo Mbumba Drive no. 182
Walvisbaai
NAMIBIA

Tel. : +264 64 203670
Fax. : +264 64 203670


E-Pos adres
ngkwvbn@iway.na

Leraar

Ds. Welly du Toit
Tel: +264 64 202076
Fax: +264 64 202076

Skriba

Tinka Kruger
Tel: +264 64 203670
Fax: +264 64 203670

Indien u met die Leraar of Skriba wil kontak, kan u e-pos stuur aan die bostaande adres. U inligting sal ten alle tye as konfidentieel hanteer word.

Hier is 'n onlangse foto van die Du Toit gesin.

(v.l.n.r Renate, Ludwig, Mechthild, Welly, Jean)

Terug na Inhoud


Voorstelle en Idees

Sleutel asseblief u naam in: (Druk "TAB" om voort te gaan)

Vertel ons asseblief wat u dink van hierdie bladsy. Enige voorstelle sal waardeer word.

Terug na Inhoud


Ons Kerk en Saal !!!!

Hier is 'n foto van ons Kerk en die Saal. Ons dank die Here vir die Krag en Leiding wat onvang is vir die bou van die saal. Dit het voorwaar 'n sukses uitgekom. Prys die Heer !!!

Terug na Inhoud


Besoekers Boek

Teken ons besoekers boek <Lees ons besoekers boek

Terug na Inhoud


Kantoor en Dienstye
Kerkkantoor

Saakgelastigde:
 Mev. Tinka Kruger

Kerkkantoor ure:
 Maandag - Vrydag: 09h00 tot 13h00

Kinderkrans:
Vrydae : 15h00

Kerk Dienste

Dienstye:
Oggend diens : 08h45

Aand diens : 18h00

Katagese:
Tydens oggend diens

Terug na Inhoud


1