Vakansie Foto's

Tuis  |  Meer oor ons  |  Foto Album  |  Webbladsye  |  Nuus  |  Kalender

Afgelope Oktober was ons 4 in Duitsland vir 'n week. Wat 'n belewenis, veral as jy nie Duits verstaan of kan praat nie, die mense praat ook nie sommer Engels nie ! Ons is eintlik kampeer mense, maar het die aanbod wat so goedkoop was aangegryp.

Die omgewing staan bekend as Westerwald, lyk op 'n druppel na die Laeveld in Suid-Afrika, heuwels, groen en vol plantasies. Ook het ons klein dorpies aan die Ryn besoek.

Hier is Schantell en die kinders 'n broodjie aan die hap by 'n vulstasie (Siegburg) oppad na Oberlahr. Dit was wel sonnig maar die herfs windjie was nogal koud.

Ons het gebruik gemaak van padkaarte verkrygbaar by die  ANWB in Nederland.

Raad: Moenie op die padkaart na 'n dorp met die naam "Ausfahrt" soek nie, dit beteken 'n uitgang vanuit die snelweg!

Hier staan Jaco & Theo voor 'n ou fort in Nederlahr.

Der Westerwald Treff in Oberlahr.

Op stap in Oberlahr, ongelooflike mooi wandel roetes.

Koffie gedrink in Unkel - Rynrivier.

Hier is Theo & Jaco voor badtyd aan de swaardgeveg.

kobie_schantell@hotmail.com

1