home | jokes | cartoons | Afrikaans | e-mail | add to site | poetry | quotations
Hierdie blad gebruik grafika ontwerp deur:
Orius
Pret 'n Novelle deur Lourens Breytenbach |
Die storie
Kort uittreksels uit die storie
Orius Pret is die versamelnaam van Karlos Pretorius en Achrên Balo - twee mans uit verskillende wêrelde. Karlos is 'n sukkelaar en 'n ongeluksvoël met 'n nare verlede en 'n bleek toekoms; Achrên is die Kroonprins van die planeet Liebanêm.
As die gesalfde is Achrên die Gekose Een wat binnekort sy vader, Die Here Agtien, se voete sal moet volstaan. Hy is op die punt om die heerser van die mooiste planeet in die sterrestelsel te word, maar hy voel ingehok deur al die mag, goud, prag en verantwoordelikhede wat hy nie gekies het nie. Hy besluit om te vlug en begin 'n "onaardse" reis na 'n vaalblou planeetjie in 'n naamlose sonnestelsel wat maar net een bewoonde planeet het - die Aarde!
Wat hy egter nie op reken nie is dat hy, as 'n ongewone siel, 'n gewone mens sal moet word om weg te kom van sy hemel-hel. Dit behels ondermeer allerlei onaangename dinge soos die dood en reinkarnasie!
Karlos is, soos meeste ander Johannesburgers, skepties (maar oopkop) oor die konsep van lewe op ander planete. Hy steur hom ook nie veel aan al die eienaardige dinge wat hom gedurig oorkom nie. Dit gebeur immers al sy lewe lank - hy het al daaraan gewoond geraak. En hier vind in elk geval genoeg aardighede in Suid-Afrika plaas om hom besig te hou!
Wat Karlos egter nie weet nie, is dat hy binnekort sal aansluit by een van die onerkende minderheidsgroepe in ons wêreld - die pieringkykers: 'n Vreemde Piering van die planeet Liebanêm is geskeduleer om hier in Egoli te kom land (nee, nie by Jo-burg International nie!) Maar hy sal nie slegs 'n blink flits sien waai deur die wolke nie. Die ruimteskip sal reg voor hom kom land, in die middel van nêrens (waar anders?) en hy sal 'n eerstehandse ervaring hê!
na bo | die verhaal | karakters | skrywer | nuutste | gedigte | Liebanêm | uittreksels | die storie
na bo | die verhaal | karakters | skrywer | nuutste | gedigte | Liebanêm | uittreksels | die storie
Uit die aard van die saak is dit vir my onmoontlik om hier op enige volledige wyse uit te brei al oor die karakters van Orius Pret.
Sien wat volg as 'n gids om te verstaan waar almal inpas. Die enigste manier om werklik die karakters te leer ken is natuurlik om die storie te lees!
Karlos Pretorius | Die hoofkarakter | |
Shani | Karlos se verloofde | |
Oom Zipes | Karlos se eksentrieke oom | |
Anton | Karlos se vriend en vertroueling | |
Dokter Marlow | Karlos se sielkundige | |
Achrên Balo | Die Kroonprins van die planeet Liebanêm | |
Die Here Agtien | Die Heerser van Liebanêm; Achrên se vader | |
Maarskalk Brimnodel Blos | 'n Mal, korrupte, wrede en skelm raadgewer van Die Here Agtien |
|
Gayalda Elisieuse | Achrên se moeder | |
Petrof | Achrên se lyfbediende | |
Fromkal Zlonk | 'n walglike karakter in Karlos se drome | |
Matwado | die Toordokter op aarde |
na bo | die verhaal | karakters | skrywer | nuutste | gedigte | Liebanêm | uittreksels | die storie
Lees meer oor Lourens Breytenbach - kliek hier!
na bo | die verhaal | karakters | skrywer | nuutste | gedigte | Liebanêm | uittreksels | die storie
Kom gereeld terug na hierdie webblad om die nuutste uittreksels uit Orius Pret te lees: dié paragraaf moet nog geskryf word